AV
Adele V

1 reviews | Active since Jul 2018

28 Sept 2023, 23:12

swak

Ek het aansoek gedoen vir hulp want ek kom nie deur al my betalings nie

Deur die proses gegaan en op n stadium gevra of kan die debit order datum vir julle betaling verander asb omdat ek op die laaste dag vd maand my salaris kry asook die betaling aan julle of julle dit kan hersien want dis nogsteeds te veel vir my.

Niemand het my terugvoering gegee nie. Ek het meer as een keer gevra Asook het ek gevra of die bedrag wat ek moet betaal aan julle asb hersien kan word omdat dit nogsteeds te veel is vir my en ek kan dit nie bybring nie.

Ek kry net eposse wat wys dat daar word negotiate met die creditors Ek het nogsteeds geld verloor waar die bank geld aftrek vir n lening en is gevra ek moet my bank staat stuur vir bewys.

Weereens die maand kry ek n sms wat die debit order datum wat nie reg is nie. Ek het aan die begin vd die proses gestuur wanneer ek salaris kry, hoekom geld probeer vat op n ander datum en na ek al gevra het oor dit?

Al wat ek kry is eposse wat heeltyd sê You're currently in the negotiation phase en niks verder word vir my verduidelik nie.

Nou ontvang ek eposse wat sê julle onttrek en stop om my te help oor ek nie betaal nie. Maar wie se skuld is dit? Ek het dan op verskeie geleenthede gesê en gevra oor die debit order datums en so aan.....

Is daar iemand wat my asb sal kan help wat die proses van hoe julle werk kan verduidelik vir my want nou word ek gestraf oor betalings na ek gevra het en gepleit het oor my situasie?

Ek het alles gestuur soos daar gevra is ens en nou moet ek so brief kry Anders wil ek gebruik maak van n ander counseling maatskappy wat meer kan verduidelik en werk maak van my situasie

0
Replies (2)
DebtBusters SA
DebtBusters SA's reply29 Sept 2023, 08:14
Official
Dear Adele V,

Thank you for making us aware about your unsatisfactory experience with our service. We aim to take every possible action to ensure this problem is rectified and we can provide the best solution possible to your inconvenience.
 
Your complaint has been referred to a dedicated Specialist who will contact you within one business day to discuss possible resolutions to your issue, and hopefully regain your confidence in our company.
 
Kindly note our escalation channel is theceosoffice@debtbusters .co .za.
 
Best regards,
DebtBusters.
AV
Adele V's update12 Oct 2023, 18:03
Reviewer Update
Goeie dag

Dankie vir julle antwoord.
Ongelukkig is die epos wat ek ontvang het nogsteeds nie die antwoord op my vraag nie.
Nou verwag julle ek moet 2 maande se paaiemente op een **** betaal wat R11000 is amper!

Waar moet ek daai geld kry?!
Dis hoekom ek in die eerste plek aansoek gedoen vir hulp.
Hierdie is nie hulp nie. Mens gaan niks geld oor he nie en soos ek genoem het waar moet daai klas van geld kry??

Ek het juis agterna na my aansoek gevra of julle die paaiement kan hersien want dit want na alles wat intussen op wat ek maandeliks betaal en nog julle amper R6000 n maand het ek niks oor om van te leef nie.
Na julle paaiement en my huis huur (wat ek in elk geval nie gaan kan betaal nie oor julle paaiement) is ek elk geval nie in staat om my telefoon te betaal nie en skool geld nie. Om maar net n paar te noem!!!

Ek weet dinge gaan nie maklik wees nie maar julle antwoord nie mens se versoek nie en hoe is dit hulp vir iemand as daar niks geld oor is op die einde vd dag nie. Nie eers vir petrol nie om maar net nog n ding op te noem.

Sekerlik is dit moontlik om die paaiement te hersien na iets wat bekostigbaar is en ek het toe ek my papierwerk gestuur het aangedui wat ek maandeliks betaal en hoeveel dit is. Maar dis heel duidelik nie in ag geneem nie. Hoekom dan vra vir al die papierwerk en mens wys die aftrekkings en bedrae sodat daar n meer korrekte bedrag kan wees.

Ek kan nie sien hoe hierdie enigsins hulp is vir iemand wat vra vir n plek om te help en dan gaan dit so nie.
Dis immers hoekom mense julle nader vir hulp nie om verder in die gemors te beland oor ander rekenings wat nie betaal word nie en om uitgesit te word want die huur is nie betaal nie (want daar is nie genoeg om dit te betaal nie)