Bad Service
<p>So pas die swakste diens ooit by Debonairs Vredenburg ondervind. Plaas 'n online bestelling vir 2 subs en 'n pizza om 18h42. Kom 19h05 daar aan en betaal. So teen 19h10 vrae ek hoe lank dit nog gaan vat. Die bestelling was toe nog nie eers in die oond nie!!!! Bel Customer Care en rapporteer dit. Kry 19h20 'n oproep van Debonairs Vredenburg af om my bestelling te "confirm". Ek staan 2 meter van die vrou af wat my bel! Kry my bestelling om 19h29 (47 min later) en ry huis toe. By die huis aangekom is die pizza nie eers die regte bestelling nie. Ham ipv hoender en ook geen Feta kaas soos ek bestel het nie. Hulle kan nie eers die slippie reg lees nie. Vat dit terug en bel weer vir Customer Care. Wag om te hoor watter terugvoering ek van Debonairs gaan kry. Vredenburg Debonairs is uiters swa****</p>
