DJ
Donne-lee Jano

1 reviews | Active since Jan 2022

06 Jan 2022, 09:26

Courier it PATETIESE DIENS!

Ek is ontevrede en teleurgesteld in Courier it. Ek wag ‘n pakkie vanaf Cell C (Woodmead Johannesburg) al heel week! Nadat ek gister reëlings getref het met Courier It Kaapstad om my pakkie te laat aflewer in Springbok, word my ek vanoggend gebel, my pakkie is in Vredendal omdat ‘n drywer van die maatskappy Courier it GEENSINS daarin belang gestel het om sy epos te kyk en te sien dat die pakkie moet Springbok toe kom! Ek word gestuur van een agent na ‘n ander, ek moet dan met die en dan daardie persoon praat. My pakkie is in Vredendal, 250 km vanaf my in Springbok en ek moet gepaai word met jou pakkie sal môre kom. Ek het gister, 5 Jan 2022, die agent van Courier it gesê moenie dat my pakkie verkeerdelik afgelaai word nie. Ek is nou soos ‘n bedelaar vir my eie pakkie! Neeeeeeeeeee! Ek soek my pakkie waarvoor ek al heel week wag! En daaroor gaan ek nie onderhandel nie.

0
Replies (0)