1 reviews | Active since Aug 2016
MECER-PROBLEEM NOGSTEEDS NIE OPGELOS

Ek het op Sondag 17 Julie 2016 ‘n Windows Tablet Mecer A105 10 “ gekoop by Devon Higgins

In Century City. Die battery was pap so dus kon die Tablet nie aan nie.

Toe ek by huis kom, en Tablet wil charge, toe sien ek dis ‘n Erricson Charger met ‘n Sony Kabel,
Die Microsoft Office het expire en daar is ‘n +-8mm merkie links op die skerm.

Op Woensdag 20 Julie 2016 neem ek die Tablet na Cape Gate wat die naaste tak is aan my.
Hulle se ek moet hom terug neem na Century City.

Op Sondag 24 Julie 2016 neem ek die Tablet terug na Devon by Century City, Devon se hy moet eers by hoofkantoor uitvind wat om te doen. Ek moet Tablet terug neem dan sal hy my Maandag 25 Julie 2016 ****ak en my laat weet.

Woensdag 27 Julie 2016 het ek nog niks gehoor van Devon en s***el toe Century City. Hulle se hy kom eers Donderdag 28 Julie 2016 terug.

My vrou gaan toe na jul website by www.computermania.co.za by Contact Us en vra jul moet my terug s***el, want ek dink dis baie swak diens om my so lank te laat wag en elke keer op my onkostes te laat ry.

Op Vrydag 29 Julie 2016 het niemand nog van hoofkantoor terug gebel waar ek die boodskap gelos het op die website nie. My vrou s***el toe hoofkantoor by ********** . Sy vra indien sy iets op die website skryf wie ontvang die emails. Hulle se die vrou is met verlof. Baie swak, weereens moet ek julle bel op my onkostes. Sy praat toe met Grant Goddard en vra hy moet my s***el. Grant s***el my en se ek moet Tablet terug neem Century City toe. Ek moet hom laat weet as die Tablet daar is. Die selfde dag gaan ek weer Century City toe weereens op my onkostes en gee dit tablet in en laat weet vir Grant.

1 Augustus 2016 bel Grant my terug en se hulle kan nie die merkie reg maak nie, dit gaan te veel kos. Hulle kan wel vir my ‘n ander kabel, charger en windows gee. Op die dag van aankoop het hulle die Tablet geinspekteur en die merkie was toe nie daar nie. Volgens Grant behels inspeksie die volgende: Hulle kyk hoe die Tablet buite lyk, hulle sit hom nie aan nie en hulle kyk ook nie na die chargers nie.

Ek se toe vir Grant, die merkie kan jy nie sien as die Tablet af is nie, want anders sou ek dit nie geneem het nie. Ek wil nie die Tablet he met die merkie op nie, indien hul dit wil reg maak nie, soek ek asb my geld terug. Grant se toe hy kan dit nie doen nie.

My vrou bel toe vir Grant en vra met wie kan ons praat om die situasie uittesorteer. Grant se ons kan met Charl Adams praat, maar hy is met verlof en kom eers 10 Augustus 2016 terug.

As ek moet wag vir Charl om terug te kom na my toe is dit amper ‘n maand wat ek sonder die Tablet sit wat ek vir werk wil gebruik.

Die rede vir die groot geveg is, volgens my en die personeel van Century City kan 'n mens nie die skrapie op die skerm sien as die tablet af is nie en jy nie weet van hom nie Volgens Grant by hoofkantoor kan 'n mens die skrapie sien as die tablet af is.

Ek wil graag my geld terug he.

Volgens julle website se Vision, Mission en values regverdig dit glad nie wat ek ervaar nie.