1 reviews | Active since Oct 2017
Unhelpfull
Die diens wat ek van City of Tshwane ontvang is pateties. Verlede week het ek die call centre gebel om uit te vind watse dokumente ek moet saamvat om my rekening toe te maak en my deposit terug te kry, aangesien ek uittrek by woonstel wat ek gehuur het. Ek het ook gevra of die kantore in Sinoville my kan help. Die call centre agent het vir my gesê dat die Sinoville kantore 'n walk-in centre is en dat hulle my met alles kan help. Maandag oggend toe ek by die Sinoville kantore kom, was dit egter onvriendelike mense wat my gehelp het. Ek het vir die dame gesê ek wil graag die uitstaande bedrag op my rekening betaal en my rekening toe maak. Sy het vir my 'n papier gegee om in te vul. Ek het die papier ingevul soos versoek. Sy het toe vir my n papier gegee wat die uitstaande bedrag is en gesê ek moet die bedrag wat daarop staan by die kasier gaan betaal, daarna sal ek 'n brief ontvang via epos wat wys dat my rekening ten volle betaal is en dat my rekening toe is. Na ek betaal het het en die brief ontvang het, het ek gevra oor die deposito geld. Daar was toe vir my gesê dat hulle nie refunds doen nie. Ek moet Akasia, CBD of centurion toe gaan, wat vir my onaanvaarbaar is. Ek het weer die call centre gebel, en hulle het vir my die telefoon nommer ********** 530 van refunds gegee om hul te s***el, maar niemand antwoord daardie foon nie. Ek het weer die call centre gebel, die dametjie het toe vir my 'n refunds vorm gestuur, maar dit was nie die regte vorm nie, want die vorm kan net ingedien word namens prokureurs as ek my eiendom verkoop het. Op die vorm sien ek toe 'n ander nommer, en besluit toe om die nommer te s***el. Die ongeskikte vrou wat die foon geantwoord het, het vir my gesê hulle kan nie vir my 'n EFT vorm stuur nie. Ek moet dit alleenlik gaan kry by Akasia, CBD of Centurion, dan moet ek die vorm voltooi en inhandig by die kantore waar ek die vorm gekry het, dan vat dit minimum 3maande voor ek my deposito terug kry... ek voel dit is uiters swak diens dat mens so rond gestuur word. As mens ingaan om 'n rekening oop te maak, is City of Tshwane baie vinnig om vir jou te sê dat jy 'n deposito moet betaal voor hul vir jou 'n rekening kan oopmaak, maar as dit kom dat City of Tshwane jou moet refund, dan word jy rond gestuur van een plek na 'n ander plus jy word vertel dat jy minimum 3maande moet wag. Hoekom moet ek 3maande wag vir my refund maar ek moet onmiddelik geld betaal om n rekening oop te maak? Dit is regverdig nie.
