JS
Johan S

1 reviews | Active since Oct 2013

05 Feb 2019, 10:58

Tshwane se swak diens rakende lisensies

My seun het op 29 Augustus 2018 sy bestuurs lisensie gedoen. Tot op hede, 5 Februarie 2019, kon ons dit nog nie kry nie. Daar was 'n probleem tydens 'n staking verlede jaar, maar die Munisipaliteit kom nie terug op navrae nie, Bronkhorstspruit antwoord glad nie hul fone nie, selfs Tshwane se hulplyn rakende lisensies word net nie ge-antwoord nie. Mens kry slegs musiek en 'n boodskap dat hul besig is. Indien dit een maal gebeur sal mens seker nie kan kla nie, maar ek probeer al 9 werksdae in 'n ry. Die direkteur van lisensies kan nie antwoord nie, ook nie die raadslede nie.

Die diens rakende lisensies is regtig swak.

0
Replies (0)