1 reviews | Active since Jul 2015
Lake of maintanance on the roads: WR Quinan Somerset West
Ek het skade opgedoen aan my motor op 18.10.2017. Die straat WR Quinan, Somerset Wes is in 'n uiterste swak gehalte. Ons het al verskeie kere aan Paardevlei gerapporteer oor die straat wat in so 'n swak gehalte is. Die dag het dit bitter baie gereen die straat was toe onder modder water. Die vragmotors ry in die middel van die straat voel 'n dui vir die voertuig wat aankom. Op daardie stdium het ek stadiger gery en het 'n groot "pothole" getref. Ek het dadelik vir Paardevlei die maintenance mense laat weet en daar was aan my gesê dat ek dadelik my motor Tiger Wheel en Tire toe moet neem. (so hul erken skuld wat hul was bereid om dit te betaal) So gedoen en daar was toe groter skade as wat ons verwag het. Die ergste van als is, is dat my motor so ± 2 weke voor dit gediens was met 'n Major Service - "Disc pads is ook vervang". Ekword toe verwys deur Tiger Wheel of Tires om my motor na 'n werktuigkundige toe te neem en kry 'n kwotasie van R3020. Die nodige vorms ingevul en alles aan City of Cape Town gestuur aangesien Paardevlei toe nie die skade wou betaal nie. Ek moes foto's aangeheg het aan die email van waar dit gebeur het ens. Daar word toe aan my op 30/11/2017 'n email gestuur waar hul 50% gaan dek omdat ek die "pothole kon sien en dat ek teen die rand van die straat was. 1. 50% van R3020 is nie R1500 2. Die straat was toe onder modder water en ' vragmotor ry in die middel van die straat. Ek het nie die aanbod aanvaar nie. Op 4.12.17 Kry ek weer 'n email wat sê hul is bereid om R2416.00 (R604 minder) Ek het dit weer nie aanvaar nie.
Ek is 'n enkel persoon wat nie 'n groot salaris verdien nie ... ek moes my vakansie spaar geldjie vat om my motor te herstel. Hoekom moet 'n mens so ingeloop word deur ander mense wat nie hul werk doen nie, net omdat hulle kan??? Ek het 'n gedeelte van my deposito verloor omdat ek nie met verlof kon weggaan nie weens daar nie genoeg fondse was nie. Jammer dis onaanvaarbaar. Tot hede het ek geen terugvoering ontvang nie.
