JK
Johannes K

1 reviews | Active since Jan 2026

22 Jan 2026, 08:31

Swak produk en diens van die Fusion tak in Vredenburg

Ek het n Chery Tiggo 7 Pro MAX 1.6Tgdi Executive AWD 290T met 7500km op die clock by die Vredenburg tak (Fusion Vredenburg, Isuzu en Ford group).

op 16 Oktober 2025 het ons die kar gaan haal na alles goed gekeur was, net om my eerste skok te kry, die nuwe kar het n diep duik op die bonet en ek wou weet wa dit vandaan kom, ek was toe meegedeel dat dit so was en dat die n t****e handse kar is, die t****e skok dis n t****e handse kar en nie n Demo of nuwe een, ek het aangedring dat dit reggemaak moet word, voertuig was toe eindelik einde November reg gemaak, in tussen gee die voertuig computer issues hy bly homself reset, in en uit, in en uit by hulle werkswinkel maar niks kom reg nie, ek het meer n LeeKar gery as wat ek my Chery gery het, van 19 Okt 2025 - 16 Jan 2026 het ons net 2500km op die Chery gedoen, in totaal op die 3 leenkare seker oor die 3500km gery.

Ek het ook op 22 Okt 2025 n towbar laat opsit wat my R10000-00 gekos het.

Op 15 Des 2025 het ek genoeg gehaad nadat die Chery al van 1 Des 2025 in die werkswinkel was en hulle kry nie die fout uitgesort nie en na die dealership toe gery en gese hulle moet die kar terug vat en vir my n ander voertuig gee, moet se hulle het hulle beste gedoen om n ander voertuig te gee maar volgens hulle kon hulle nie vir my n Sub-stitute kar kry nie.

Ek het toe op 13 Jan 2026 vir hulle gese om alles te CX en my geld terug te gee want dis nie n fout aan my kant nie maar wel n produk fout ek het ook ge se ek soek restutiesie.

Die voertuig was wel afgelos by die bank maar ek het geen retutiesie ontvang nie en hulle het ook aangedui ek gaan ook niks kry nie.

0
Replies (0)