1 reviews | Active since Sept 2017
Bad service cell c
Ek is nou so kwaad dat ek kan slange vang. Ekt vir my man n selfoon gekoop by Cell C so rukkie terug. Die foon het van die begin af probleem met sein gehad. Cell C se sein is net te sleg. Uit frustrasie het my man die foon gegooi en sy skerm het gekraak. Op 25 Augustus het ek die foon ingeneem met die opdrag dat hulle na die sein ontvangs moet kyk. Die dame het niks gese dat hulle ten eerste na die skerm sou kyk nie. Na drie weke het ek hulle vanoggend gebel om te hoor of die foon reg is. Toe ek die foon afhaal het hulle NIKS aan die foon gedoen nie. Net n kwotasie gestuur v R1700 vir die regmaak vd skerm. Hulle het geen email gestuur of my enigsins laat weet dat die foon terug is nie. Ek het dit aan hulle gestel dat ek NIE die skerm wil reghe nie-SLEGS die sein. Hulle se egter dis nie moontlik nie. Waarop ek hulle meegedeel het dat hulle asb die ****rak moet kanselleer aangesien ek net probleme het en geen nut van foon het nie. Hy kan geen oproepe ens ontvang nie. Die dame het my meegedeel dat hulle hom op die swartlys gaan sit. Hulle is vol beloftes en hulp as jy die ****rak moet teken maar as daar probleme is dan stink hulle diens en jy as die klient trek aan die kortste end. So vra ek julle: is dit nou stink diens of is ek verkeerd?
Hi Alida
We have referred this matter to one of our team members for assistance. Do expect communication.
We apologize for the inconvenience caused.
Regards
Cell C | PN
Best regards,
Hi Alida
We have referred this matter to one of our team members for assistance. Do expect communication.
We apologize for the inconvenience caused.
Regards
Cell C | PN
Best regards,
