1 reviews | Active since Jan 2017
Weier om geld terug te gee

Op 19 Januariue 2017 wou ek geld trek by capitec in greenhills, masjien wou nie my kaart vat nie, daar was n' indier ou agter my, het so ewe hom ingelig dat die masjien nie werk nie, ek stap toe na fnb teller reg langs capitec, toe ek kar toe stap, se die indier daar is n' masjien agter my, ek het die nedbank teller nog nooit raak gesien nie, by ek dink "carpet fantasy" as ek reg is. Besluit toe ag nee wat los maar en klim in kar, my hondjie was saam my so wou nie regtig he hy moes so lank in kar wees nie, in my spieeltjie sien ek die indier trek geld, dink ag wat de hel laat ek tog gou soontoe stap... Sy silver SUV staan langs my geparkeer, in passasiers kant is n' nie blanke met n' keppie (lyk soos lig pienk) Vra vir die ou wat besig is om pad te vee om net asb n' oog te hou oor my hondjie, beplan ook om vir hom n' R10 te gee vir die moeite. Kom by masjien indier se "it works" en hy loop, ek sien sy slip is in teller en voor ek nog die ding kan uit haal se hy vir my hy soek sy slip, ek gee vir hom sy slip en ek kyk hoe loop hy links van my weg met sy wit en blou hemp en helder blou jeans, ek kyk want my hondjie is in my kar langs hulle kar aan my linker kant... Ek try my kaart in sit, masjien vat nie kaart, vloek saggies en my liewe hel hier val die indier oor my regterkant druk iets op die keypad gryp my kaart uit my hand en druk kaart in masjien (dink dis maar net hoe dit gelyk het, hyt seker eindelik my kaart gevat) hy se "see it works" en daar gaan hy en sy kar weg, soos mis voor die son... ek kyk na masjien wat nou ook sommer in n' ander taal is en enigste opsie is die *** ever daar staan... ek tik cancel, kaart kom nie uit nie, ek panic soek n' flippen nr om te bel, die ou wat na my hondjie kyk kom aan gedraf en se "don't trust those people" ek se nogal nee masjien het my kaart gesluk, hy se "they took it" ek slaan stres probeer nr bel op Nedbank masjien, soos als in Randfontein werk dit OOK NIE, elke keer as ek die nr in tik se dit vir my "call ended" kry sms R1000 withdraw fnb ssc randfontein saza 9:18am, try Nedbank nr weer, weereens "call ended" nog n' sms kom deur R1000 withdraw mainreef Spar Randfontein. Jaag Capitec toe aangesien die nommer wat ek probeer bel net heeltyd vir my se "CALL ENDED" , voor ek nog in stap by Capitec lui my foon, Capitec se hoofkantoor wat se hulle het my kaart geblok vir suspisious behaviour. Vertel mense by bank wat gebeur het, ek moet n' case nr vir hulle gee so ek moet polisie stasie toe gaan. Gaan polisie stasie toe, hulle soek bank state, sou baie nice gewees het as die bank my dit kon se, so iets het nog nooit met my gebeur nie, moet ek dit ruik? Gaan terug Capitec toe, kry bank state, en weer terug polisie stasie toe. Terug by huis moet ek Capitec bel om case nr te gee, na ek lekker na hulle stupid musiek geluister het help iemand my uiteindelik. (LET WEL dat die nr wat ek toe gebel het ook dieselfde nr is wat mens moet bel as jou kaart gesteel is, waar n' band speel en vir jou 5 opsies gee waarvan jy dan een moet kies, daarna speel hulle vir 5 tot 10 minute musiek, dis ook dan die tyd wat dit reeds te laat is om kaart te blok, want die *****s steel binne 5 minute jou geld).

Vandag 31 Januarie 2017 bel Capitec my om my in te lig dat hulle nie my geld gaan terug gee nie, want ek moes blykbaar my kaart gestop het voor hulle geld kon steel... Nou wil die vrou van hoofkantoor my vertel van n' app wat ek moet foon moet sit sodat ek in so geval my kaart self kan blok, wel raai wat NIEMAND HET MY AL OOIT VERTEL VAN DIE APP NIE MOES EK DIT OOK RUIK? En dis mos nou te laat vir playstore apps of hoe?

En hoe moet ek my kaart blok VOOR hulle my geld kan steel as die nr wat wel werk n' 5minute band is met 5 opsies, en daarna 5 minute musiek speel.

Patetiese diens.

I acknowledge your posting, and have referred it to Riaan Jacobs for immediate attention.
Feedback will be provided within 3 working days, and I trust that this situation will be resolved to your satisfaction.
Complaint Management
Capitec Bank
I acknowledge your posting, and have referred it to Riaan Jacobs for immediate attention.
Feedback will be provided within 3 working days, and I trust that this situation will be resolved to your satisfaction.
Complaint Management
Capitec Bank
Wil net baie dankie se vir Riaan Jacobs se hulp met die probleem :)
Wil net baie dankie se vir Riaan Jacobs se hulp met die probleem :)