AB
Alweda B

1 reviews | Active since Jan 2018

18 Jan 2018, 07:34

Worst Service ever

Dis nou amper 'n week wat ek sukkel om Breedenet te kry om die internet konneksie te herstel. Die eerste dag wat ek gebel het, kon ek glad nie deurkom na hulle Tegniese afdeling. Die volgende dag het ek weer probeer, en na 'n moedelose gesukkel het ek die opsie gekies om by bemarking uit te kom. Die man wat die foon geantwoord het, lig my toe in dat daar fout is met hulle s***elbord en die oproepe gaan nie deur na die tegniese afdeling toe nie. Ek kry toe uiteindelik iemand in die hande wat my heeltyd laat rondhardloop tussen my rekenaar en die router wat in die ander kantoor staan om die konneksies agter in die router te verander. Dit het vir presies 24 uur gewerk. Die volgende dag het ek uit my eie gegaan en al die konneksies gaan verander voor ek bel om te kyk of dit nie die probleem oplos nie. Nodeloos om te se, ek moes toe weer 10 minute sukkel om die Tegniese afdeling in die hande te kry. Sal die persoon by die Call Centre so waar as wragtig vir my vra of my rekenaar aan of af is. Ek is nie seker van hierdie mense se tegniese kennis of agtergrond nie, maar ek wil weet hoe dink die ou weet ek of die internet af is as my rekenaar dan nou ook af is? Ek word ongelooflik kwaad as mense dink ek is simpel net omdat hulle self nie weet wat aangaan nie. Die probleem is weer opgelos, maar 24 uur later is ons weer af. Dit het my 4 dae EN vele oproepe gekos om uiteindelik te kry dat hulle tegnikuste kan kom kyk na die probleem. Nou verwittig die pop my by die call centre dat daar 'n koste aan verbonde gaan wees as die tegnikus uitkom. Bid jou dit aan... dis hulle toerusting, NIEMAND anders kan dit kom regmaak nie, NET Breedenet, en nou moet ons daarvoor betaal. Hoe verstaan mens dit. So nou het ek 'n keuse... of Breedenet kom uit om HULLE toerusting te kom regmaak en ek moet daarvoor betaal... of ek bly sonder internet... Hoe wil mens dit dan nou verstaan? As ek vir Telkom bel en se daar is fout met my telefoonlyn... betaal ek hulle NIE vir herstelwerk wat op HULLE toerusting gedoen moet word nie. Waarom moet ons betaal vir BREEDENET SE TOERUSTING HERSTEL WERK?

0
Replies (1)
Breedenet Wireless ISP
Breedenet Wireless ISP's reply18 Jan 2018, 14:46
Official

Goeie dag

Ons het 'n probleem gehad met ons switchboard en het alles tot die beste van ons vermoe gedoen om almal wat inbel te help. Die probleem is egter nou opgelos en ons vra omverskoning vir die ongerief.

Ons support centre word opgelei om troubleshooting te doen en omdat hulle aan die anderkant van die oproep is en nie weet wat aangaan of hoe die setup lyk nie word daar gevra of u rekenaar aan is, router aan is, krag aan is om te bepaal wat die probleem is. As u ongelukkig is/was met die manier hoe u hanteer was gedurende die oproep maak asseblief ****ak met ons by *** sodat ons na die oproep kan gaan luister.

Wat die toerusting aanbetref: Ons werk nie soos Telkom waar u 'n lyn huur het nie om rede ons nie fisiese lyne het nie maar eerder via wireless konneksies vir u internet verskaf. As gevolg daarvan is die hoeveelheid toerusting wat op die klient se perseel moet geinstaleer word aansienlik meer as met ‘n Telkom konneksie. Die toerusting word deur ons verkoop en is u eiendom. Gevolglik kan ons nie verantwoordelikheid neem vir die toerusting self nie, aangesien dit nie onder ons toesig gebruik word nie en ons dit dus nie kan beskerm nie. Die rede waarom ons self die herstelwerk doen, is omdat ons vertroud is met die toerusting en ook die inligting intern tot ons beskiking het om die probleme daarmee vas te stel. Sou dit uitdraai dat die toerusting nie korrek gefunksioneer het nie weens die feit da tons aan die torings gewerk het, dan sal Breedenet egter wel die onkostes van die call out absorbeer.

Breedenet