1 reviews | Active since Sept 2019
Geen kommunikasie of aflewering van my bed nie
Wie dit mag aangaan
Ek het op 8 Mei 2020 n bed aangekoop deur Bed king se aanlyn operateur. Voor ek die bed aangekoop het het ek mooi gevrae hoelank gaan dit neem om die bed af te lewer en hyt gese 5 dae op die meeste. Ek het die betaling gedoen en bewys gemail vir hom. Al die pad het ek meeste van die tyd van my kant af gevrae hoe die aflewering vorder. Maandag het hy bevestig dat die supplier vrydag sal kom aflaai hy weet net nie hoelaat nie. Vrydag oggend het ek gevrae of hy al weet en hyt gese hy weet nie hoelaat hy kom nie maar hy kom defnitief vandag. Teen vrydag middag laat het ek nog geen terugvoering gekry nie en het ek weer die persoon ge****ak waarin hy net gese het hy wag nog. Ek het dit dus gelos en het vanoggend op 16 Mei 2020 die persoon vroeg gewhatsapp en gevrae of die bed gister afgelewer is en hyt net toe gese die supplier het hom gedrop en hyt navrae ingedien by die eienaar. Ek het tot nou toe nog geen terugvoering ontvang nie en dit is al kwart voor 3 die middag waar ek hom al vanoggend kwart oor 7 en weer half 11 gevrae het vir terugvoering. Ek word aan n lyntjie gehou en ek weet nie waar my bed is nie. Ek soek my bed of my geld terug. Ek dink dis regtig swak diens van so n groot beigheid om my nie op hoogte te kan hou nie. Ek het erge rugpyn en dis hoekom ek dringend n nuwe bed moes kry. As ek geweet het ek gaan sulke swak diens kry en aan n lyntjie gehou word het ek nooit deur Bed King gekoop nie en eerder deur iemand wat onmiddelik kon help!! Ek het die bed klaar ten volle betaal en dis al amper n week later en ek het nie my bed waarop ek rustig kan slaap nie en niemand om my te laat weet of kan kommunikeer oor waar my bed is nie!!
