kV
kobus V

1 reviews | Active since Jun 2019

24 Jun 2019, 12:29

Swak Diens

Op 20 Junie 2019 het ek my Ford Ranger ingeboek vir n diens. Ek was bewus daarvan dat voertuig se hoof links voor foutief was en hulle is daarvan inkennis gestel en ook aan hullr genoem dat ek die lig self sou vervang.. Ek het die voertuig op 21 Junie gaan afhaal en die aand gevind dat nie een van die hoofligte voor werk nie.. Geen ligte get gebrand as dit op "dim" is nie.

Ek het hulle diens stasie op 24 Junie 2019 gws***el en is sonder vooraf ondersoek van die saak meegedeel dat ek nie voertuig sal moet inbring maar dat ek vir die koste daarvan sal moet instaan. Ek het die dame gevra of dat hulle my nie summier verantwoordelik kan hou vir kostes nie en dat ek voel die saak moet eers ondersoek word. Dit wou voorkom of sy nie regtig belangstel om na my verduideliking te luister nie want volgens haar kan n diens aan die voertuig nie veroorsaak dat die hoofligte nie werk nie.. Punt is dit kan 'n tegniese fout wees wat reggetel moet word en my voertuig is 2 jaar oud en nog onder waarborg.

Ek voel regtig dat die saak van Barloworld se kant af nie reg hanteer is nie.

0
Replies (1)
NMI
NMI's reply24 Jun 2019, 13:38
Official
Goeie dag Kobus,

Asseblief laat weet watter handelaar u hier mee gewerk het. 

Dankie.