1 reviews | Active since Aug 2012
Shocker service and false accusations at local Durbanville Pub, Babushka
Vals beskuldigings saak - Babushka kroeg, Durbanville
***
Ek en my meisie het die Vrydagaand vriende oor gehad vir ‘n braai by ons huis. Saterdag het ons skoongemaak en verder het ons ‘n rustige middag/aand by die huis gehad waar ons bordspeletjies gespeel het tot in die oggendure van Sondag die 11de. Ek het foto’s, boodskappe ens. regdeur van ons naweek tuis as bewyse.
02/01/2019
Ons arriveer by Babushka en geniet ‘n drankie en ‘n spel veerpyltjies soos gewoonlik. Omtrent ‘n halfuur na ons daar aangekom het kom Karel (nou bestuurder) van Babushka en gee my ‘n aantuiging dat ek hul geld skuld van die 11/11/2018. Ek vra hom hoe hul my nou benader oor iets van amper 2 maande gelede waarop hy geen antwoord het nie en net aandring dat ek dit betaal. Ek vra hom wat bestel was aangesien ek geen benul het waarvan hy praat nie, waarop hy antwoord “klomp Jagerbombs en Hunters”. Ek weet beslis dat dit nie iets is wat ek gereeld drink nie en vra om die strokie te sien, aangesien dit nie sin maak nie. Hy dring aan ek het dit gedrink en ek het die strokie geteken. Ek vra weereens vir die strokie waarna hy dit na ‘n tyd vir my bring. Ek het die strokie besigtig en onmiddelik weggewys aangesien dit weereens nie drankies was wat ek bestel nie, nie my handtekening is nie en die feit dat ek 2 maande na aankoop van die items skielik beskuldig word van geen betaling nie. Ek het die kroeg ‘n paar keer ‘n week vanaf die datum op die strokie tot en met huidige dag (05/01/2019) besoek en nooit ‘n woord gehoor tot die 2de Januarie nie.
Ek is ‘n gereelde kliënt van die kroeg vanaf 2009, met ander woorde, ek kom kuier al daar vir 10 jaar. Op die geleentheid wat dit wel gebeur het dat ek perongeluk die kroeg verlaat sonder betaling was ek onmiddelik in kennis gestel en het ek op die eerste geleentheid moontlik (gewoonlik die volgende oggend) kom dek. Ek het dit aan Karel verduidelik waarna hy gesê het dat hulle al klaar vir 'n ander "XYZ" (XYZ skuilnaam gebruik vir die platform), ook ‘n gereelde kliënt, eerste gevra het, maar dat dit ook nie sy rekening was nie. Hy het genoem dat die rekening net gesê het “XYZ”, maar dat hy eintlik nie seker is wie se rekening dit is nie. Hy het sy humeur effe verloor en weggestap waarna ons die aand verder gekuier het op rekening en betaal het met ons gangs uit die kroeg.
05/01/2019
Ons arriveer by Babsuhka en probeer ‘n bestelling plaas. Die kroegman lig vir my in dat ek nie drankies op rekening mag bestel nie aangesien ek verban is op rekening oopmaak by die kroeg na die onderonsie met die onbetaalde rekening. Ek vra toe vir die bestuurder (Karel op diens) waarna hy my onmiddelik weier en aandring dat ek “my uitstaande rekening betaal”. Ek verduidelik hom weereens dat dit verkeerdelik aan my uitgemaak was waarteen hy stry en wegstap terwyl ons gesels. Ek het hom weer gaan soek en probeer gesels oor die situasie. Hy het my begin verbaal aanval en beskuldig, naamskending toegepas voor ‘n groep mense en weereens verdwyn. My meisie het intussen probeer ‘n rekening oopmaak vir haar drankies waarna sy ook geweier was.
Ons bestel toe drankies en betaal ****ant. Letterlik ‘n oomblik later bars hy by ons tafelgesprek in, lig ons ****ant strokie van die tafel af en vra agressief en luidkeels of ons hierdie bedrag gedek het (totaal en al onvanpas). My meisie het hom gevra om op die CCTV kamera’s te gaan kyk vir kamera opnames van die aand waarna hy geantwoord het dat hy nie tyd het om dit te deursoek nie. Ek het die eienaar self probeer bel, maar my oproepe was op dooie ore. Ek het Karel gevra om te bel onmiddelik na dit. Hy het vir Heino (die eienaar) binne ‘n minuut vanaf my probeerslae gebel waarna hy onmiddelik die foon beantwoord het. Volgens Karel het Heino gesê dat dit niks met hom uit te waai het nie en dat hul my moet weier tot ek “my rekening” betaal. Ek het Karel weer genader vir ‘n gesprek waarna ons buite die kroeg gaan gesels het. Karel het die volgende te sê gehad: “Jy is ‘n dronk kliënt (maar ek staan nugter voor hom, aangesien ek net vanaf my dag se admin afhandeling deurgekom het) en ek ‘n nugter bestuurder.” Hy onthou blykbaar die dag soos gister dat ek uitgestap het sonder om te betaal en dat hy alles tot op die laaste detail onthou. Hy weet vir ‘n feit hy het my benader en ek het toe ‘geteken’ vir ‘my’ strokie, ook dat ek ‘n leuenaar is wat vir hom ‘n valse handtekening gegee het en dat hy dit besigtig het op daardie stadium en dadelik geweet het ‘ek het sopas die kroeg verkul’ met ‘my’ handtekening. Hy het ook weer genoem dat ek ‘n oneerlike mens is wat enige iets sal doen om nie ‘n R200 se rekening te betaal nie.
Hierdie vals beskuldings sit natuurlik toe glad nie wel met my nie en ek vra hom toe die volgende: (Let wel, hierdie was ook die einde van die redinasie en weereens het hy weggestap sonder antwoord)
As ek ‘n rekening gehad het in November, hoekom kom soek die kroeg dit eers 2 maande later van my? As ek ‘n rekening oopgemaak het en nie betaal het nie, hoe laat die kroeg my “teken” vir iets op ‘n later geleentheid, maar laat my nie dit betaal nie? Dit is nie my handtekening op die strokie nie, maar hoe is hy volgens sy woorde “110% oortuig” dit is myne as hulle eers ander XYZ’s wat ook die kroeg besoek vra om presies daardie rekening te betaal? Ek was op menidge geleenthede daar vanaf die 11/11/2018, maar niemand het ooit genoem dat ek blykbaar iets skuld nie? Hoe het “my rekening” iets uit te waai met my meisie wat wil rekening oopmaak en vir haar drankies bestel? Ek en my meisie/vriendin/suster (die wat Karel noem saam met my blykbaar gedrink het) drink nie een Jager Bombs en Hunters nie, maar hy onthou presies dat ons dit drink? Hoe kan Karel my beskuldig en elke keer wat ek aan hom ‘n vraag stel, my blatant doodpraat, sy eie woorde draai en met ‘n ander storie vorendag kom waarvan die feite konstant verander?
Vals beskuldiging, basiese resprek en prinsiep is my rede vir hierdie brief. R200 is nie die probleem nie. Ek spandeer maklik 3x dit ‘n week by die kroeg, weekliks, maand na maand, jaar na jaar, hoekom sal ek nou so opskop maak oor R200…? Dit onstel my dat hy dit verkondig het aan al die kroegmanne en kliënte in die kroeg en dat jul ander kliënte ‘n bespotting begin maak van ons wat nie “ons rekening kan betaal nie”. Ek is diep teleurgesteld in hoe die kroegman, bestuurder en eienaar hierdie saak hanteer het. Dit is nie kliënte diens se gat werd nie.
Ek wil graag weet hoe Heino / Cathy die situasie gaan redigeer en ek verwag ‘n offisiële verskoning vir die vernedring en naamskending wat oorgedra was. Ek verlang ook dat as ons wel ooit weer ons voete binne die kroeg sit dat ons nooit weer gehelp word deur Karel nie aangesien sy houding en onproffesionaliteit absoluut skokkend is.
Ek hoop om gou van julle te hoor.
Groete
