KR
Karien R

1 reviews | Active since Sept 2015

22 Feb 2016, 09:27

Worst treatment every at ATKV

Ek wil met die brief net my absolute teleurstelling uitspreuk met die ATKV oord Natalia. Die manier hoe ons behandel en aangepreek is deur een van die personeel van die oord was die swakste wat ek nog ooit in my lewe ervaar het. Met ons aankoms by die oord het ons by die toegangs hek ariveer en die person by die hek was baie vriendelik en hulpvaardig. Ons het voor die woonstel gebou parkeer plek probeer vind maar al die parkeer plekke was vol. Ons het weer in die rondte gery en kon nog steeds nie n parkeer plek vind nie en het toe maar op die laaisone gestop om gou ons bagasie af te pak. Ons was nog besig met die afpak toe 'n personeel lid ons kom uittrap en bevel ons moet dadelik die voertuig verwyder om plek te maak vir iemand met 'n rolstoel. Die rolstoel parkeering was langs die laai sone en daar het ook 'n voertuig gestaan. Ek wil net weet hoekom dit vir haar reg is dat iemand op die rolstoel parkeering staan wat nie 'n rolstoel gebruik nie maar ek wat op die laai sone staan om gou af te pak word sleg behandel

0
Replies (1)
ATKV
ATKV's reply24 Feb 2016, 09:58
Official
Hello KarienL27,

Dankie vir jou terugvoer Karien. Ons vra byvoorbaat omverskoning vir die slegte ervaring.

Ons het u klagte aan die oordbestuurder kommunikeer en gee spoedig vir u terugvoer.

Groete