EvdW
Elmien van der Westhuzen

1 reviews | Active since Jul 2011

02 Apr 2016, 11:42

Arrie Nel Mooinooi Apteek swak diens

Vanoggend, 2 April 2016 gaan ek na Arrie Nel Mooinooi toe met 'n uit**** wat ek gekry het van 'n pil wat ek gedrink het twee dae gelede. Eerstens die dametjie wat my eerste help KAN my nie help nie, maar vertel vir die ander dame wat besig is met 'n ouerige dame, dat ek 'n rush het. Ek verduidelik toe vir haar dag ek altyd die uit**** kry as ek Stilpyn drink, voordat ek nog verder kan verduidelik vra sy toe vir hoekom drink ek dan nog Stilpyn? Ek se toe vir haar as sy my kans gee om klaar te praat sal ek vir haar verduidelik dat ek NIE stilpyn gedrink het nie, want ek WEET ek kry die uit****. Ek gee haar toe die pille wat ek gedrink het en sy se toe vir my die is S5 medisyne, ek moet dit nie drink. Wel, dit kon ek vir myself uitwerk. Toe is dit asof die gesprek verby is, maar ek se vir haar dit is hoekom ek hier is, om iets te kry vir die uit****. <br> <br> Ek wou nog vir hulle vir hulp vra oor Sinus wat veroorsaak dat my tande pyn en nog ander kwellinge, maar besluit toe ek sal more eerder die 40km Rustenburg toe ry, na Dischem toe waar mens die vrymoedigheid het om met die apteker jou pyne en skete te deel en proffessioneel behandel te word.

0
Replies (0)