BV
Bianca V
1 reviews | Active since Oct 2019
24 Nov 2024, 17:55
Arrie Nel Kempton Park, Uitmuntende diens
Ons het vanoggend Arrie Nel Kempton Park Apteek besoek toe my kêrel nie lekker gevoel het nie, en ek moet sê, die diens was uitmuntend! Van die vriendelike ontvangs by die deur, tot die sorgsame suster wat na hom gekyk het, en die professionele apteker, almal was net fantasties.
Ons is al ’n paar keer hierheen, en elke keer is die diens op standaard. Ek het selfs besluit om my kroniese medikasie na hulle oor te skuif omdat hulle so betroubaar en behulpsaam is.
Dit is werklik ’n familie-vriendelike apteek wat Kempton Park al lankal nodig gehad het. Baie dankie aan die span vir julle uitstekende werk!
Helpful (0)
Replies (0)0
Replies (0)