LL
Lorette L

1 reviews | Active since Mar 2023

27 Mar 2023, 17:48

Swakste diens ooit

Op 3 Februarie 2023 het 'n vriendin haar bloed laat trek by haar Huisdokter. Sy moes egter dadelik betaal of die toetse kon nie gedoen word nie. Dit is so telefonies aan haar oorgedra deur die personeel van Mokopane lab. Sy het egter nie die volle bedrag gehad nie en wou 'n deposito betaal waar aan haar gese is dat sy dan die volle bedrag sonder die af**** moet betaal. Ek het aangebied om haar te help en het die af**** bedrag via internet bank gedoen. (Ek was ten tyde van die transaksie self 'n werknemer van AMPATH maar nie meer nie). Ongelukkig het die transaksie twee deur gegaan en op twee verskillende rekeninge. (My spaar en my kredietkaart rekening). Die volgende dag het ek die fout agter gekom en met behulp van 'n mede kollega (Mev Annemie de Klerk) het ons dadelik die nodige eis vorms ingevul en deur gestuur. Die terug betaling is 16 Februarie 2023 goed gekeur en ek is meegedeel dat ek die geld binne die volgend 3 tot 5 (drie tot vyf) dae in my gegewe rekening sal reflekteer. Teen 23 Februarie 2023 was daar nog geen bewys van betaling nie. Ek het Debiteure ge****ak en aanvanklik is daar vir my gese daar is geen so 'n eis nie. Na 'n oor en weer deurs***eling na verskeie mense is daar gese dit vat gewoonlik 10 tot 14 (tien tot veertien) dae. Ek het dus weer gewag en 'n paar dae weer gebel weereens is daar vir my gese daar is niks op die sisteem nie en is die foon in my oor neer gesit. Net die volgende dag na 'n volgende oproep word ek meegedeel dit was finansiele jaar einde en daarop was daar geen uit betalings gedoen nie maar dat dit binne die volgende vyf dae uit betaal sal word. 15 Maart s***el ek weer geen antwoord en geen antwoord op boodskappe gelaat. Ek stuur boodskap aan Mev Annemie de Klerk weer rakende die vertraging en swak diens. Haar antwoord terug die terug betaling is WEER goedgekeur en dat dit hopelik spoedig sal wees. Vandag 27 Maart 2023. Nodeloos om te se NOG GEEN TERUG BETALING NIE!!!!!. Weer vir Mev de Klerk ge****ak en haar terugvoer dit is volgens die sisteem wel betaal maar daar is GEEN sent in my rekening nie. Nou vra ek wie kry daai rente was intussen geginnereer is op die krediet wat op hul state wys???? R2096.00 is nie kleingeld as jy nog in die pad gesteek is ook nie. Lorette Lourens

0
Replies (1)
Ampath Laboratories (Pty) Ltd
Ampath Laboratories (Pty) Ltd's reply03 Apr 2023, 10:15
Official
Hi Lorette. Our sincere apologies for this experience, but thank you for bringing it to our attention as all feedback provides valuable information on how we can improve our service. We will escalate this now to the relevant team on our side so that the refund can be sorted.