1 reviews | Active since Mar 2012
Best service ever
Beste Elzaan,
Ek en my suster wil by wyse van hierdie epos die hospitaal bestuur en staf baie sterkte en seen toewens tydens hierdie pandemie.
Maar die hoof rede is on die hospitaal te bedank vir die uiters profesionele behandeling wat ek ervaar het, van die mense by die Screening by die hoof ingang regdeur tot by Saal B.
My moeder was 'n pasiënt daar, Shirley Mostert. En ek my sus het die grootste waardering en dankbaarhheid dat ons die geleentheid gegun was om afskeid in persoon van ons moeder kon neem.
Die uiters profesionele wyse waarmee ons deur die verpleegstaf gehanteer was en die woorde van bemoediging getuig van staf met toewyding en passie.
Sal u asseblief hierdie dankbetuiging aand die staf van Saal B oordra, almal sonder uitlating, skoonmakers, hostesse en natuurlik die verpleegstaf en die eenheidbestuurder, een woord puik.
Mag God jul almal seen met die uiters moeilike taak, en weet van ons kant af verstaan ons jul toewyding.
