AJ
Amanda J

1 reviews | Active since Mar 2020

17 Mar 2020, 07:58

Slegte diens

Môre, Ek het einde Desember verlede jaar 'n paar stukkies klere by ZippZone gekoop. Hulle is in Braam Pretorius straat, Magalieskruin. Met betaling, wou die kaart masjien nie werk nie en die vriendelike dametjie wat my gehelp het, het gevra of ons weer kan probeer. Die transaksie het deurgegaan. (Bedrag = R 2 040.00) Begin Januarie het ek op my bankstaat gesien dat die transaksie 2 keer afgegaan het. My man het saam my daarheen gegaan en ek het 'n afskrif van die betaal strokie sowel as 'n afskrif van die transaksies op my bankstaat vir die dametjie gegee. Sy het foto's daarvan geneem en vir die eienares (Hester) gestuur. Die (Hester), sou my s***el om dit te bespreek, maar ek het niks van haar gehoor nie. Ek moes toe die winkel s***el om Hester se foon nommer te kry. Op Saterdag (11/01), het ek vir Hester 'n whats'up boodskap gestuur en die situasie aan haar verduidelik. Sy het laat weet dat sy die Maandag sal terug wees by die winkel en sal na haar state kyk en terugkom na my toe. Die Dinsdag (14/01), moes ek weer vir haar 'n boodskap stuur om te vra of sy al kon kyk wat aangaan, waarop sy geantwoord het dit die transaksie net 1 keer in hul rekening wys maar wel 2 keer op die kaartmasjien se staat. Dinsdag (21/01), het ek haar weer gevra of sy kan opvolg wanneer die gelde aan my terugbetaal gaan word, waarop sy laat weet het dat sy in training is en die volgende dag sal opvolg. Die volgende middag het ek haar weer dieselfde gevra, waarop sy geantwoord het dat die merchant die gelde binne 7 dae na haar rekening gaan reverse. Maandag (03/02), moes ek haar weer vra of sy al enige nuus het. Sy het laat weet dat sy 'n e-pos aan die merchant se klagtes afdeling gestuur het. Ek het aan haar genoem dat ek moes geld leen om my verantwoordelikhede na te kom en het die geld dringend nodig om my skuld te betaal. Sy het belowe om dit die volgende dag weer op te volg. Woensdag (12/02), moes ek weer 'n keer vir haar vra of sy kan laat weet wanneer my geld terugbetaal gaan word. Sy wou weet of ek nie dalk al die geld terug ontvang het nie, waarop ek nee geantwoord het. Weereens het sy belowe om uit te vind en terug te kom na my toe. Maandag (24/02), moes ek weer 'n keer vir haar vra of sy enige nuus het. Dinsdag (25/02), het sy genoem dat sy die geld uit haar eie sak aan my gaan terugbetaal en belowe om die volgende dag te kyk hoe sy my kan help. Dinsdag (03/03), het sy weereens laat weet dat sy die geld uit haar eie sak aan my gaan terugbetaal en hoop sy kry die geld vinnig terug vanaf die merchant. Donderdag (12/03), moes ek vir nog 'n **** by haar uitvind wanneer die geld aan my terugbetaal gaan word. Sy het weer laat weet dat sy die geld uit haar sak gaan uitbetaal en wou weet of sy die in 2 dele kan doen. Ek het genoem dat dit reg is. Maandag (16/03), moes ek nog 'n **** vir haar vra wanneer die geld aan my terugbetaal gaan word. Ek het weer 'n keer aan haar genoem dat ek verantwoordelikhede het om na te kom en dat ek nie langer kan wag nie. Sy het genoem dat sy verstaan (Ek verstaan. Dis reg ek maak so) = boodskap van haar ontvang. Ek het daarop geantwoord dat ek noual vir 3 maande wag vir die geld en dit raak nou belaglik. Ek het vanoggend weer in my bankrekening gaan kyk en nog geen gelde is terugbetaal nie. Ek was duidelik meer as bereid om te wag, maar dit word al hoe duideliker dat sy nie van plan is om my geld terug te betaal nie. Sy het haar geld gekry voor ek by die winkel uit is. HOEKOM MOET EK VIR 3 MAANDE LANK SOEBAT OM MY GELD TERUG TE KRY??? Mense, indien julle wel besluit om by haar winkel enige klere te koop, vat asb ****ant saam, voordat julle met dieselfde probleem sit as waarmee ek op die hierdie oomblik sit. Hester, indien die volle bedrag (R2 040.00), nie voor die einde vandag (Dinsdag 17/03), in my bankrekening wys nie, gaan ek hierdie situasie verder vat. Dit is baie duidelik dat jy vol leë beloftes is en nie jou woord kan hou nie.

0
Replies (0)