EZ
Elouise Z

1 reviews | Active since Jan 2014

04 May 2017, 13:06

All Outdoor and Home / Zero Appliance - BIG NO NO!

Op 29 Maart koop ek vir my ‘n splinternuwe gasstoof by All Outdoor and Home (online) - http://www.alloutdoorandhome.co.za/wmenu.php. Ek was so opgewonde, want uiteindelik koop ek vir my iets waarna ek so lank uitsien om te gebruik en dis sommer my verjaardaggeskenk. Die verkoopsdame klink so vriendelik en behulpsaam en al kan ek nie die produk vooraf sien nie, is ek baie positief oor die hele transaksie. Sy stuur die kwotasie vir my en ek betaal binne 10 min my stoof.

En dit is waar die “goeie diens” stop!

Ek hoor niks en wonder wanneer word my stoof afgelewer. 2 dae later volg ek op en sy belowe MAANDAG kom hy! Maandag vra ek wanneer dit afgelewer word en die antwoord is more. Dinsdag vra ek en die antwoord is Woensdag. Woensdag raak ek kwaad en hulle belowe Donderdag. Donderdagaand 18:00 lewer hulle af. Later die aand maak ons die boks oop en sien daar is geen foamolite vir beskerming nie, maar net ‘n plastieksak om die stoof. Toe begin die pret – daar is ‘n diep duik in die handvatsel, ‘n duik aan die onderkant van die stoof en verf-af dele aan die voorkant van die stoof. Een van die knoppe trek heeltemal uit. Ons neem foto’s en stuur dit aan die verkoopsdame om uit te sorteer.

Die volgende oggend besluit ek om die hele transaksie te kanselleer, want die kans dat die volgende stoof weer ‘n fout gaan hê, is goed en ek is baie ongelukkig oor die hele situasie. Ons trek al by 6 April en nou begin ons sukkel om ons geld uit die mense te kry. So vra ek my man om alles verder te hanteer, want ek kan net nie meer nie. Elke keer is daar ‘n verskoning en die verkoopsdame verwys ons na die fabriek en die fabriek het ‘n lang storie en so word ons gestuur van een punt na ‘n ander.

Nadat ONS elke keer die opvolg- en kermwerk moes doen, is (‘n gedeelte van) my geld VANDAG (3 Mei!) eers in my rekening – hanteringsfooi moes EK betaal (wat nooit iewers op enige dokument genoem is nie) en koerierkoste het ek natuurlik verloor. In my lewe het ek nog nooit sulke swak diens by enige plek gekry nie. Ek sal niemand aanraai om enige iets by hierdie plek te koop nie! BLY WEG!!!

0
Replies (0)