1 reviews | Active since Nov 2015
Swak diens
Ek het nou al 2 keer 'n stel afgetrap met Zara in Tygervallei en is absoluut geskok oor hulle houding teenoor kliente. 'n Maand gelede wou ek by Zara se deur instap toe ek voorgekeur word deur 'n sekuriteits beampte. Ek het my twee klein kindertjies asook inkopies in 'n trollie gehad, en is toe toegang geweier met die trollie. Ek moes omdraai en uitstap. Ek dink dit is absurd dat mens nie met 'n trollie in die winkel mag ingaan nie. Wat sou hulle voorstel doen ek met my ander inkopies en my twee klein kindertjies?????<br> Saterdag, 7 November is ek weer na Zara om te gaan soek vir 'n spesifieke item wat 'n vriendin vir my van 'n foto gestuur het. Ek kon die item nie op die rakke kry nie en wys toe vir een van die winkel assistente die foto sodat sy my kan wys waar in die winkel die item is. Toe ek vir haar die foto wys slaan sy 'n slegte houding in oor daar nie fotos in die winkel geneem mag word nie en noem toe 'n hele lys van goed wat mens nie in die winkel mag doen nie - onder andere ook trollies wat nie in die winkel mag inkom nie. Net daar het ek omgedraai en uitgestap.Ek sal nooit weer vir Zara ondersteun nie!
