SV
Sanette V

1 reviews | Active since Mar 2013

24 Jan 2017, 20:55

Woolworths card problems

<p>Ek het op 23 September 2016 aansoek gedoen vir ‘n nuwe kaart aangesien myne stukkend was. Nadat die dame van Woolworths Lady Greystraat lank aangehou het het iemand haar gehelp en haar meegedeel dat daar nie ‘n kaart vir my is met die Identiteitsnommer wat verskaf is nie. Later die middag het sy my gebel en gese Woolworths ondersoek die saak en sal terug kom na my toe. Op 11/11/2016 stuur ek weer ‘n e-pos. Op 17/11/2016 ontvang ek ‘n oproep van Paarl Mall, wat niks met die aangeleentheid te doen het nie. Die bestuurder Jody Du Plessis is baie gaaf en probeer my help al was dit nie sy tak se fout nie, maar die Kaartafdeling van Woolworths se Hoofkantoor. Op 18/11/2016 ontvang ek ‘n e-pos van “complaints” dat ek my ID nr moet stuur sodat hulle na my”query” kan kyk. Stuur op 18/11/2016 my ID aan hulle. Op 12 Desember 2016 ontvang ek ‘n mail van Marianu Serra met ‘n lang verskoning en dat ek my Id nr vir hulle moet stuur vir die uitreik van ‘n nuwe kaart. Stuur op 13/12/2016 my Id nr soos versoek. Op 20/12/2016 ontvang ek ‘n e-pos van Marianu Serra waarin sy my meedeel dat die rekeningnommer nie gevind kan word met my ID nr nie. Stuur op 20/12/2016 my kaart nr soos deur hulle versoek. Op 4/1/2017 stuur ek weer ‘n e-pos aangesien ek nog nie my kaart ontvang het nie. Op 5/1/2017 laat weet hulle ek behoort binne 7-10 dae my nuwe kaart te kry. Tot vandag het ek nog geen kaart of voucher soos deur hulle belowe ontvang nie.</p> <p> </p>

0
Replies (0)