1 reviews | Active since Jul 2016
Swak Kliënte diens
<p>My kinders het vir my vir Moedersdag 'n donkerbril as geskenk gegee. Die bril was gekoop by Woolworths in Woolworths se oulike houer slegs die prys was afgehaal. Voor ek nalaat my kinders het nie die aankoop strokie saam met die geskenk gegee nie. Na net meer as twee maande (en dit is ook nie asof ek elke dag die bril gedra het nie) breek die oor van die bril af. Vanoggend het ek dit terug gevat na Woolworths Waterfront Bloemfontein en wat 'n skok, ek was nog nooit so behandel nie. Eers sê die dame by kliënte diens ek moet 'n ander een gaan kry op die rak - soos ek verwag het. Terug by kliënte diens is daar 'n ander persoon wat glad nie verstaan dat die bril asgv 'n swak plek gebreek het. sy roep ene Willem Fourie wat my laat voel het soos 'n wurm asof ek die bril gesteel het - want ek kan nie bewys waneer ek dit gekoop het nie. Op die agtergrond muur van Kliente diens staan groot dat indien jy nie 'n strokie het nie sal die produk omgeruil word. Maar Mnr Fourie weier smalend - terwyl dit in die oulike houer van Woolworths verpak is en daar nog van dieselfde brille op sy rakke is. Ek was altyd onder die indruk dat Woolworths meer gesteld is op die kwaliteit van sy produkte asook kliënte verhoudinge om oor 'n bril van R250 'n klient so te verneder</p>
