1 reviews | Active since Jul 2013
Sms about non payment
Ek het al vir minstens 15 jaar 'n Woolworths rekening. Ek betaal baie stiptelik elke maand. Ek kry nie altyd rekeninge in die pos nie, ons almal is bewus dat dinge nie altyd glad verloop met ons posdiens nie! So wanneer ek nie 'n rekening ontvang nie, betaal ek 'n geskatte bedrag. Wanneer ek dan weer 'n rekening ontvang, maak ek die nodige aanpassings. Hier is my betaaldatums van die afgelope jaar. 29 April, 28 Mei, 27 Jun, 29 Jul, 30 Aug, 30 Sep, 29 Okt, 29 Nov, 29 Des, 29 Jan, 26 Feb. Ek dink dis 'n uitstekening rekord, ons kan selfs verder terug gaan. Op Vrydag 26 Feb kry ek 'n sms (die 1ste OOIT van Woolies) dat al 3 die kredietburo's wat hulle gebruik in kennis gestel is van my \NON PAYMENT\" !! Ek het hulle telefonies ge****ak en die dame het heel ongeskik vir my ingelig dat ek die laaste 2 maande kort betaal het. R70 per maand. Daar in 'n absolute verskil tussen NON PAYMENT en SHORT PAYMENT!!! Ek weier om sulke swak behandeling te aanvaar. Stuur asb vir my die balans van die rekening per staat na [Email Removed] En ook asb die prosedure oor hoe ek my rekening daar kan sluit. Baie dankie, Leonie ***"
