1 reviews | Active since Nov 2017
Slegte kliënte diens by Woolworths Kuruman
Ek sit hierdie op oor Kuruman Woolworths.Die manier hoe hulle met die publiek werk.Ons koop by baie Woolworths oor die land en hulle maak nie so nie.As ons goed terug vat ruik hulle eers aan jou klere,kyk of daar merke of stukkend is.Dan vra hulle of jy seker is dat jy dit nie gedra het nie,as mens nee sê vra hulle is jy dood seker,want dit ruik na jou parfum.As daar n “makeup” of wolltjies op is sê hulle reg uit hulle vat dit nie terug nie ,want dit is vuil.Maak nie saak of die lable aan is nie en jy die strokie het nie.As ek goed terug bring wat nie reg sit nie,vra hulle kon jy dit nie eers aangepas het in aanpaskamer nie.Kom jy met n pakkie in winkel kyk hulle na mekaar om te kyk wie is lus om jou te help en praat onder mekaar en lag oor goed wat jy terug bring.Dit is onaanvaarbaar.Mens werk met niemand so nie.Ons is nie eers meer lus om daar te koop nie.Sal liewers 50km of 236km ry om by daardie Woolworths te koop of goed terug te gee.
