1 reviews | Active since Apr 2018
Onprofesioneel by Woolworths The Club Centre
WOOLWORTHS Hallo Woolworths,
Graag wil ek my misnoë met julle deel. Ek het op Vrydag 20 April 2018 kruideniers gekoop by Woolworths The Club in Pretoria. 'Free from Gluten Chicken Schnitzel' was ook in my trollie. Met die groot ronde wit 'reduced price today only 30%' plakker op. Die oorsponklike prys was R112,26. Tuis gekom sien ek op my strokie dat die 30% af**** nie gegee is nie. Ek het hoender en strokie terug in Woolworths sakkie in yskas gebêre. Saterdag 21 April 2018 is ek terug na Woolworths by The Club Centre. Dit was ongeveer half een. Ek het 'n swart en rooi geruite knopieshemp aangehad, vind my gerus op jul 'in-store-camera-footage'.
Ek het gevra na die bestuurder, waarna 'n vrou my meegedeel het dat sy die 'Supervisor" is. Ek het die hoender en strokie aan haar getoon en gevra of sy kan uitwys hoe en waar die 30% aangedui/afgetrek is. Sy het gekyk en vir my gesê dit is nie afgetrek. Ek het gevra of sy moontlik weet hoekom dit nie gedoen is nie? - ,-sy het dadelik vir my gevra hoe laat ek dit gekoop het. ( wat wel die vorige aand om ongeveer ses-uur was). - ongeag, as die plakker daar op is maak dit nie saak hoe laat ek dit gekoop het nie, die af**** is geldig. Sy het my dus laat voel asof ek die fout gemaak het (deur die tyd van die dag te betwyel vir wanneer ek daarvoor betaal het) . (ek is bewus daarvan dat daardie spesifieke vleis-aanbiedinge eers na twee pm geldig is)
Sy het nie EEN KEER names Woolworths omverskoning gevra vir my ongerief\tyd aan terug ry\ onkostes aan terug ry\parkeer onkostes nie! Sy het gevra waar is die bankkaart waarmee ek betaal het, dit geneem en gaan neerplak by 'n kassiere wat besig was om 'n ander kliënt te bedien. Sy het NIE vir my gevra om te wag of 'n verduideliking gee van wat gaan gebeur nie. Doodeenvoudig terug gegaan na die 'papierwerk' waarmee sy besig was.
Daar word toe van my verwag om daar rondtestaan of,ek neem aan, as ek wou weet wat aangaan, moes ek dan vra. Die kassiere het eindelik klaar gemaak met haar klient, onvriendelik (asof ek haar pla terwyl 'sy prober werk'!), die nodige 'scan' gedoen en weer die Supervisor geroep om te kom 'afhandel' - diè het die kaartmasjien omgeswaai , skaars opgekyk en net gesnou 'pin please'. Toe alles afghandel is, druk sy my kaart in my hand sonder my oorspronklike strokie wat ek wou terug hê vir redes. Ek noem toe dat ek my strokie wil terug hê.
Op daadie oomblik staan die kassiere by teller een op van haar stoel en begin stap. Supervisor vra haar waar sy heen gaan '"O ya kae?" (ek praat en verstaan Sepedi alhoewel dit nie my eerste taal is nie). "Ke lo rota'. [ Ek gaan PIEE ] - Dit klink 'bar' , want dit ís die onafgeronde manier van praat.
Die Supervisor druk toe my strokie in haar hand (wat oppad is om te gaan PIEEE) en sê sy moet 'n afdruk maak (In Sepedi!)..
Weereens nie 'n woord aan my nie. Ek staan toe 'n verdere 5 na 10 minute soos 'n uil op 'n kluit en wag dat kassiere EEN klaar PIEE. Sy kom terug, druk die strokie in my hand ( en ek kon nie help om te wonder dat as dit is hoe sy praat, of sy OOIT haar hande was nadat sy ge-PIEE het ? ) en gaan sit weer op haar stoel.
Dit is ONGEMANIERD, ONOPGEVOED en ONPROFESIONEEL.
Nie een-keer 'n verskoning of selfs eers net 'n erkenning van jul fout - (wat toe in nog vyf ander onprofesionele optredes verander het!) nie!
Die drie betrokke werknemers by Woolworths The Club Centre is ONOPGELEI, ONGEMANIERD en HOOGS ONPROFESIONEEL. (waarvan een die 'Supervisor" is - hòè is sy in daardie posissie aangestel?)
Ek gaan hierdie briefie op sosiale media ook deel - ek hoop regtig dat julle op 'n meer gepaste manier verantwoordelikheid sal neem vir julle foute .
Asook julle werknemers beter keur.
Woolworths is 'n 'stylvolle'-handelsgroep - maar die 'styllose' werkers bederf ongelukkig die eerste-klas ervaring wat kruideniers koop, vir (ek is seker, meer as net ek) kliënte kon wees.
Pulanie Naude
