BF
Bernard F

1 reviews | Active since Mar 2009

17 Nov 2015, 17:28

Geen moeite te veel gevra, diens met `n glimlag

Ek moes vandag gaan nagklere koop in die mansafdeling. Ek kon `n dubbelpak nagklere kry, maar die grootte was nie reg nie. Ek het omgedraai toe Rifaat vra of hy kan help. Mooi vir hom gewys waarin ek belangstel, maar die regte grootte is nie op die rak nie. Hy het onmiddellik aangebied om op hul sisteem te kyk waar hy dit moontlik kan bekom. Blitsvinnig was hy terug by ons om te se dat daar nog van die spesifieke items in hul stoor is, hy gaan dit dadelik haal. Ons het nie lank gewag nie, toe kom hy met `n bree glimlag nader met die dubbelpak nagklere.<br> Ons kla maklik oor swak diens, maar hierdie man het vandag die ekstra myl geloop om `n klient tevrede te stel. Woolworths kan trots wees om hom op die vloer te he.

0
Replies (0)