TH
Theresa H

1 reviews | Active since Oct 2026

18 Oct 2026, 18:59

Pophuis gebreek en nog nooit die nuwe een ontvang nie

Hulle lewer BAIE swak diens. Het 'n custom pophuis by hulle bestel met muurpapier en hy is gestuur sonder muurpapier en was nog nat. Hy het gebreek by my aangekom en die meubels het als aan mekaar geplak omdat dit nog nat was en klomp goed op die pophuis was gebreek en probeer las met gom.

Hulle het 'n nuwe pophuis belowe en na 9 weke het ons nogsteeds niks ontvang nie en ook geen foto's nie. Elke keer het hulle 'n ander verskoning. Onder andere dat hulle nog nie geld het vir courier nie of sy het 'vergeet' om foto's te neem van die pophuis…

0
Replies (0)