1 reviews | Active since Apr 2016
Frustrated - POOR Service
Ek het ongeveer 'n maand terug gebel en plek bespreek by Woelwaters vir die 30ste April 2016. Ek het met 'n dame gepraat wat ges? het hulle het 'n cottage beskikbaar. Sy het my nog ingelug en ges? dat die cottage vir een aand R550 sal wees en as ons 2 aande slaap sal die cottage R450 per nag. Ek het nog vir haar ges? dat ek haar die volgende dag sal terug bel en s? of ons net een aand of twee aande gaan slaap.Ek het haar toe wel terug gebel en ges? ons sal wel net een aand slaap, die aand van die 30ste April. Ek vra toe vir haar moet ek 'n deposito betaal, sy s? toe NEE, ons kan die geld betaal as ons die dag hier kom. Ek het toe aanvaar alles is reg, vandag bel ek haar om op te volg of alles toe reg is. Sy s? toe nee ek het belowe ek sal die deposito in 3 dae oor betaal en dat sy die plek weg gegee het. Sy was ongeskik oor die foon en het nie eers probeer luister na my nie. Hoe sou ek n deposito oor betaal het as ek geen bank besonderhede het of enige vorm van kommunikasie terug van hulle af nie. Nou moet ek 1 week voor die troue rond hardloop om verblyf te kry in parys oor 'n lang naweek. Dit is onaanvaarbaar en ek kan nie glo sulke mense word eers in diens geneem nie.
