LL
Lané Luyt

1 reviews | Active since Jan 2022

17 Jan 2022, 22:12

Fantasties!!!

Die diens wat ek ervaar het was uiters fantasties gewees. Om die bestelling te plaas was gerieflik aangesien al die boeke wat ek nodig gaan hê die jaar reeds opgelaai was. Ek het laasjaar ook van Wizebooks se dienste gebruik gemaak en het toe die aflewerings opsie gekies en het besluit om die jaar die "collection" opsie te gebruik. Dit was net so gerieflik. As mens daar aankom is dit vinnig en gemaklik. Een, twee, drie en dan het jy jou boks met al jou boeke in. Die dame agter die toonbank was vriendelik en hulpvaardig. T****e jaar in ʼn ry wat ek ʼn gemaklike en lekker ervaring by Wizebooks gehad het. Baie dankie.

As ek dink dat die alternatief ure se soek in boekwinkels is, kan ek nie verstaan hoekom meer mense nie van Wizebooks gebruik maak nie.

0
Replies (1)
Wize Books
Wize Books's reply18 Jan 2022, 10:38
Official
Hi Lané
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ek waardeer dit dat jy die tyd geneem het om te skryf oor jou ervaring. Dit maak my uiters bly om te weet en te hoor dat ons kliënte tevrede is met ons diens. Ons probeer hard om die bestelproses vir ons studente so gerieflik as moontlik te maak en dit beteken ongelooflik baie om te hoor dat wat ons doen nie verniet is nie. Dit maak my ook trots en dankbaar om te weet dat ons personeel vriendelik en hulpvaardig is – elkeen van hulle dra by tot ‘n integrale deel van Wize Books. Voorspoed met die nuwejaar en alles van die beste met jou studies.