MT
Mattie T

1 reviews | Active since Nov 2015

30 Nov 2015, 10:26

Slegte diens en behandeling by Wimpy, Ipic Centre

Ek en my man was op ons eerste besoek aan die Wimpy in Ipic Centre, Vredenburg begroet met suur gesigte, weiering om in Afrikaans bedien te word. Ek het dit met die suur dame agter die toonbank bespreek en is meegedeel dat dit Wimpy se beleid is om net Engels te praat. Dit was net voor hulle toemaaktyd wat ek nie van bewus was nie en moontlik die rede was vir die suur gesigte. Afrikaans is my taal en as ek nie daarin bedien kan word nie maak ek nie weer gebruik van die diens nie. Ons het oor die land heen al in Wimpy's geeet en as ons vra of sommer spontaan sodra hulle hoor ons is Afrikaans in ons taal gehelp, so ook deur die vriendelike personeel in Wimpy by Vredenburg Mall.<br> Die vis wat as 'take away' aan ons verkoop is vir R120 vir 2 stukkies en chips was rou, slymerig en oneetbaar, ek het dit by die huis weggegooi en ander kos gemaak. Sal graag ander mense waarsku dis baie geld vir pensioentrekkers

0
Replies (1)
Wimpy
Wimpy's reply01 Dec 2015, 08:47
Official
Hello mattievt,

Thank you very much for taking the time to report your experience with our IPIC CENTRE VREDENBURG branch. Your comments have been received by our Customer Care and have been escalated to the store and the area manager. We would like to confirm that a representative of the store as well as our Customer Care will be in contact with you directly to ensure that the matter is resolved to your satisfaction.

Please don't hesitate to contact our Customer Care Line directly in future, should you have any further queries or comments.

Kind Regards,
Wimpy Customer Care