1 reviews | Active since Jun 2019
BLY WEG van Willie en Seun Elektries
Ek sal NOOIT WEER vir Willie en SEUN Elektries gebruik nie!! Willie, skynbaar die pa, was onlangs by my vir ‘n paar klein werkies. Terwyl hy hier was, het hy ‘n trappie van my binne-houttrap gebreek, maar weier hy nou om vir die herstel daarvan te betaal. Willie beweer dis glo omdat ek hom nie vooraf sou ge”waarsku” het dat die trappie effens los was nie. In ‘n telefoniese onderhoud met sy vrou, Christine (wat opgeneem, en dus bewysbaar is), erken sy op TWEE plekke dat Willie vanself ge”sien” het dat die trappie los was, nog VOORDAT die insident gebeur het. Willie was dus ten volle bewus van die situasie, maar het ten spyte daarvan, rof op die trappie gespring, wat dit toe laat ingee het. Gedurende hierdie telefoongesprek, toe ek die saak kalm probeer oplos het, was Willie se vrou UITERS aggressief, wou my nie kans gee om te praat nie, het my telkens in die rede geval, en toe die foon in my oor neergesit (alles bewysbaar op die klankopname). Toe ek hulle die volgende dag, ten spyte hiervan, probeer bel om die saak in kalmte te probeer oplos, het hulle geweier om albei hulle fone te beantwoord. Ek bly in die toekoms ver weg van Willie en Seun Elektries. NOOIT WEER NIE!!!
