DD
DJ D

1 reviews | Active since Feb 2017

20 Apr 2017, 16:18

Onaanvaarbare diens

<p>Op 5 April 2017 het ek Whirlpool ge****ak oor my wasmasjien wat water lek. Daar was vir my gesê, dat hulle tegnikus my binne 24 uur sou ****ak. My verwysingsnommer was WJ153421. Die tegnikus het my nooit ge****ak nie. Toe stuur hulle iemand na my wat nie 'n tegnikus is nie, maar 'n aangewese agent, sonder om 'n afspraak met my te maak. Dit was Vrydag 7 April. Toe wil hulle die wasmasjien wegneem en sê ek sou ten minste vier dae daarvoor moet wag. Ek het verduidelik, dat dit nie 'n opsie was nie. Ek het Whirlpool ge****ak op Maandag 10 April en die situasie verduidelik. Daar was vir my gesê, dat hulle my in kennis sou stel wat die duur van herstel sou wees. Nodeloos om te sê, maar dit het nie gebeur nie. Intussen het ek 'n ander plan gemaak, om my wasmasjien te laat herstel. Vanmiddag daag Whirlpool se aangewese agent weer net by my op, om die wasmasjien te kom oplaai. Nie Whirlpool of hulle agent het my vanaf die 10de April ge****ak nie en nou uit die bloute wil hulle aandag aan die saak gee. Dit is uiterse swak en onprofessionele diens. kan nie dink glo Whilpool wat 'n goeie naam opgebou het, doen so onprofessioneel besigheid nie. Ek hoop die saak sal aangespreek word en dat daar nie 'n herhaling van sal wees nie. </p>

0
Replies (0)