AH
Anzelle H

1 reviews | Active since Oct 2025

23 Oct 2025, 12:17

Wetility Energy - Solar Installasie

Ons het aansoek gedoen vir sonkrag by Wetility Energy nadat Louanta Erasmus van Haakdoringboom, reeds 2 installasies deur julle laat doen het en sy ons toe na Wetility verwys het. Van die aansoek tot goedkeuring en die inspeksie videocall het alles vlot verloop. Met die videocall, om te kyk of die 12kw inverter met 20.4kw batterye en 28 sonpanele waarvoor ons wil aansoek doen ,gaan genoegsaam wees vir wat ons nodig het, het ek ook aan die persoon (Mnr Ndue) verduidelik dat ons glad nie Eskom krag het nie, so BAIE BELANGRIK ons moet dus n backup he vir reen en onweer dae. Ons is gewoond aan sonkrag, ons het n Klein sisteem al vir 15jaar, dus weet ons hoe belangrik n backup of genoegsame stoor batterye is. Ek moes met videocall loop en Hom al die DB bokse wys en ook die generator wat ons wel het en huidiglik vir ons sonkrag batterye se charge gebruik. Hy het my verseker dat ons generator wel reg is vir die backup vir hul sisteem se battery charge. Ek moes ook vir hom n plan teken van elke huis se DB boks en afstande af tree tussen DB bokse, asook fotos van gebou vir panele en n lugfoto met aanwysings, asook n lys met elke ding in elke huis wat krag gebruik. Met al die inligting het ons n mail gekry, ons het die inspeksie geslaag, hul kom die instalasie doen. Dus volgens ons omdat ons aanvaar is, sal hul sisteem dan met al ons vrae en behoeftes reeds uiteengesit vir krag dan voldoende wees. 'n Groep ****rakteurs van omtrent 8 man's het opgedaag en drade begin intrek en opkoppel en panele opsit. Die volgende dag het die hoof elektrisien Mnr Pape (****rakteur) opgedaag en alles deurgegaan en toe ek hom vra waar gaan hul die backup punt wat hul moet installeer sit vir die generator, het hy gese née sorry ons generator gaan nie werk nie ons moet n smart generator by Game gaan koop en hul sal nog 2 batterye moet bysit. Ons het begin loop en kyk na wat hul doen en was verslae oor hul swak werk. Hul wou ook nie die krag kabel onder die plaveisel sit nie, het hom sommer rofweg oor my kantbalke getrek waar my Kamera drade loop. Hy het vir my gese ons moet self oop grawe, hulle is nie pavers nie. Ons was moedeloos want dis nie die diens en behandeling waarvoor ons ons wil inlaat nie. Ons het Rikus van Wetility gebel en hy het gereel dat hul oopgrawe en dan sal pavers net weer kom terug pak. Laat Vrydagmiddag het hul kom se die installasie is voltooi en hul het gery. Ons was die hele naweek sonder krag, die DB bokse was verkeerd gekoppel. Hul het n gekraakte breaker ingesit, drade was Los, ens. Ons kon ook glad nie waterpomp soos gewoonlik met ons kompressor nie want bedrading is verkeerd opgekoppel. Ons het weer Maandag oggend vir Rikus van Wetility gebel en hy het dadelik die nodige gedoen om hul terug op die perseel te kry en hul halwe werk te kom herstel. Rikus het my kort kort gebel om seker te maak ons is reg en alles probeer regkry deur self met die ****rakteur te praat. Hul is besig om al die brouwerk reg te maak, die sisteem werk goed in sonskyn, maar ons sit nou met ñ versekering van Wetility se videocall Ndue, dat ons backup sal werk met ons generator, wat nou nie so kan gebeur, en ook n ekstra maandelikse bedrag vir 2 ekstra battery wat ons volgens die ****rakteur kort. Dus sal dit werk met sonskyn maar reen en onweer sit ons nogsteeds in die donker.

0
Replies (1)
Wetility Energy
Wetility Energy's reply23 Oct 2025, 15:01
Official
Dear Anzelle,

Thank you for the information shared — we truly appreciate your feedback.

As mentioned in our previous communication, our installation team is actively working to address the matter. We recognise that the rescheduled appointment has caused inconvenience, and please rest assured that our team remains focused on resolving your concerns as quickly and efficiently as possible.

Throughout this process, Wetility has continually provided the necessary assistance and service to ensure that your installation is completed successfully and to our quality standards.

Should you need any further or urgent assistance, please don’t hesitate to reach out to us at ***gy (Mon–Fri, 8am–5pm) or *** (Mon–Sun, 7:30am–10pm).

Best regards, 
Wetility Team