1 reviews | Active since Oct 2019
Eerlike integriteitryke diens
So gebeur dit dat 'n klein aankope by een van die voorste snuffelwinkels my ten voorreg val. Die voorreg van 'n wye keuse prima verpakkings- en kunsmateriale val my ten beurt. Na die moeilike keuse gemaak is van wat uiteindelik geneem word, word kapitaal verwissel by 'n betaalpunt. Die opperateur verwyder die strokie van die oorspronklike kaartmasjien en laat dit verdwyn. Daarna vra sy dat die transaksie herhaal word want dit het nie deurgegaan nie. Tuisegom, blyk dit dat die oorspronklike transaksie wel deur is, maar die kassier, wat seker maar effe honger was, die ****ant sou moes verwyder ten waarde van die duplikaat transaksie. By navraag die volgende dag, ontmoet ek die bestuurder, by name Anna. Anna het dadelik begrip. Sy kyk na die strokies en kopie van 'n staat, en stem dadelik in om die stoute kassier se streek eg te stel. Nie 'n minuut nie, of sy tik 'n kode iewers in, die kleinkas maak oop, en sy gee met 'n groot appologie, word die waarde van die dubbeltransaksie teruggegee. Ek eer vandag 'n winkel en 'n winkelbestuurder, Anna, wat met soveel integriteit, hulle waardigheid herstel nadat een enkele werknemer se hongerte, haar tot regstel van skade en menseverhoudings genoop het. Welgedaan, Westpak Deerness en bestuurder Anna. Mag julle toekomstige sukses gekenmerk word met besondere guns. Julle het vandag bewys wat besigheiddoen met integriteit is.
