sS
swanepoelnandre S

1 reviews | Active since Jul 2017

05 Jul 2023, 19:53

Wont Recommend we buy bakkies

Well ek sal in my lewe nooit weer by julle i bakkie koop nie , punt 1 daar was gese als op die isuzu werk well toe nie , 1 speedo cruise werk nie , drywer s****tjie werk nie , reverse ligte werk nie as ek i fuse insit pop hy hom dadelik , 1000 kilos later toe groet die injectors R14500 later vir dit, 1ste waentjie wat ek hak met hom word hy warm , R1600 later vir i wiskus fan ,R680 vir nuwe glow plugs , R480 vir i nuwe reverse light s***elaar ,toe groet die ratkas daarna R8900 later vir i recon ratkas , engin liggie kom heeltyd aan dan is die bakkie dood , terwyl hulle beesig is om ratkas te ruil bel hulle my en laatweet na die major service daars i geluid in die engin warmee hulle nie gelukkig is nie en dit wag nog vir my , soo nee wat julle sien my nie weer nie , hoe kan julle i voertuig verkoop sonder i waarborg , ***** ,***** *****, wont Recommend

0
Replies (1)
We Buy Bakkies
We Buy Bakkies's reply06 Jul 2023, 12:06
Official
 
Beste Mnr Swanepoel 

“Sonder benadeling van ons regte” 

Sonder om tot u vlak te daal met beledigings net die volgende: 

Die voertuig wat aangekoop was is 13 jaar oud en het meer as 290,000kms op die afstandmeter.  GEEN handelaar kan so ‘n ou voertuig waarborg nie.  Ons is baie trots op ons voertuie en een van ons aankopers het meer as 1,500 kms met die betrokke bakkie gery sonder enige probleme.  Uit die aard van die saak het hy die voertuig oor sy ouderdom en kilometers met omsigtigheid bestuur soos wat ‘n verantwoordelike persoon sal doen.  Ons verklaar enige foute waarvan ons bewus is aan ons kliënte.  Ons verduidelik ook aan ons kliënte van die risikos om ‘n ouer voertuig te koop.  Al die dokumente met verduidelikings is geteken deur uself – so u het kennis gedra van die risikos en dit so aanvaar.  Dit moet ook genoem word dat albei die voertuie wat u ingeruil het in so ‘n swak toestand was dat ons hulle nie wou inruil nie.  Dit alles van ‘n persoon wat 26 jaar oud is...  So wie hier ook al lees maak maar julle eie gevolgtrekkings. 

Meer as 20 jaar in die bedryf op dieselfde perseel het ons 99% van ons kliënte baie gelukkig.  Daar gaan maar altyd die 1 kansvatter wees wat ‘n ou bakkie koop en hom verniel en dan ons as *****s uitmaak……