SB
Sthr B

1 reviews | Active since Jul 2018

01 Aug 2018, 09:06

ONEERLIKE FIRMA

More almal, ek voel net dat dit my plig is om alle plaaslike besighede in kennis te stel. Dit is net ‘n jammer dat Gamsberg projekte ook onder die lig geplaas word omrede hul die ****rakteurs in diens geneem het. WCB Civil Engineering is ‘n ****rakteurs firma van die Kaap wat op Gamsberg Projekte te Aggeneys werksaamig is en maak gebruik van plaaslike besighede om hul projek uit te voer. Hul betaal die eerste week of twee goed en dan hou hul net op met betaal en baie verskoonings volg. Twee weke later sukkel jy om jou geld uit hul te kry en dit raak ‘n maand later en so aan. Ons het ‘n baie klein Rental Shop en kan nie sulke besigheid bekostig nie. Hul het ook so versuim om masjiene terug te bring, maar maak ook nie die betaaling soos versoek nie. Buiten behalwe die feit dat ek moes Gamsberg toe ry om my masjiene te gaan haal op my eie onkostes, regverdig die skade op my masjiene ook nie die bedrag wat uistaande is wat hul inelkgeval nie betaal nie. Ek is ongelukkig nie die enigste een wat dit oorgekom het nie. More Wag Gasteplaas het die selfe oorgekom en het ek met die eienaar gepraat. So my versoek is dat jul baie versigtig moet wees aan wie jul verhuur en huisvesting bied as dit ****rakteurs is van Gamsberg projekte.

0
Replies (0)