PP
Private P

1 reviews | Active since Dec 2017

07 Dec 2017, 11:58

*****S - Geen geld terugbetaling

Ek het 19 Julie ‘n bespreking gemaak vir Desember vakansie 15de in, 29ste uit. Op 20 Julie het ek die deposito van R3 150 betaal. Op 21 Augustus moes ek bespreking kanselleer vir operasie wat Desember moet gebeur. Hulle is baie gewillig om jou geld te hou vir 'n volgende geleentheid as jy weer kom en sal jy nie jou geld verloor nie. Ons gebruik dit toe vir September langnaweek, maar daar is nog verskil van R600 wat nog oorbly wat ons graag wil terug hê. Volgens die "geld hou" ooreenkoms, moet ons geen geld verloor het nie, maar nou wil hulle niks terugbetaal nie. Eers was dit 'n groot fight gewees oor die kansellasie koste wat afgetrek moet word. Toe ek later moeg was vir die hele storie, het ek ingestem dat die kostes afgetrek kan word. So tussen Augustus se kansellasie tyd en die werklike Desember vakansie, werk dit dan nou uit op 41 plus dae voor inboek tyd, so die koste is 25 % kansellasie fooi (R150). Nou sukkel ek om die R450 terug te kry. Gereelde oproepe en emails werk nie, of die foon lui net, of dit is af, of as jy boodskap los kom hulle nie terug na jou toe nie, hulle sukkel met internet, maar elke keer word my emails delivered report en read report gekry. En as jy wel met hulle praat, word jy net beloftes gemaak. So dis nou al 3 maande en geen geld ontvang nie. Toe ons September daar was, was die "filing system" non-existant. Jy moet die papiere en files sien rondlê, en sy het ook spesifiek verwys na die hoop files van mense wat sy ook se geld terughou - so ek is nie die enigste een nie ! Corrie is die vrou se naam, en sy is die enigste daar, so mens kan nie eers met iemand anders gesels nie. Ek sien die ander reviews is van 2015 en 2016, en ek stem saam dat die mense nie baie vriendelik is nie, en enige iets wat jy vra - algemene goedjies, winkeltjie, kroeg area, take-away dienste - is te veel moeite of met negatiewe opmerkings beantwoord. Hierdie plek het net 3 reviews op HelloPeter, maar ek weet daar is baie mense wat nie weet van hierdie website nie of nie weet mens kan hier kla nie. So moet asseblief nie dink net 3 reviews oor 3 jaar is sommer niks nie. Ek sal glad nie hierdie plek aanbeveel nie.

0
Replies (1)
PP
Private P's update09 Jan 2018, 14:14
Reviewer Update
Nadat ek die hele Desember nogsteeds probeer bel het om dit uit te sorteer, en die foon heeltyd "af" is, kan ek met sekerheid reply dat my selfoon nommer deur hulle geblock is.