1 reviews | Active since Nov 2012
UITER SWAK DIENS!!!
Ek het Wall to wall konstruksie gekry om vir my traliewerk te doen. Hierdie werk sou 2 weke geneem het om klaar te wees. Die mense wat die mure moes opsit het langer geneem as wat ons verwag het maar het die eienaar mnr Willie de Jager wel daarvan geweet. Hy kon intussen aangaan met die traliewerk en net die hekke daarna opsit. Hierdie mure is nou reeds vanaf 17 Augustus klaar en steeds is die werk 'n maand later nog nie klaar nie. Jy sukkel jou dood om hierdie ou op site te kry. Hy belowe weekliks dat werk dieselfde week klaargemaak sal word en elke week is dit maar net weer 'n teleurstelling want hy was party weke glad nie eers naby die site nie.<br> Hierdie week 'is n brief aan hom gestuur waarin hy op terme geplaas is en het ons bevestig dat die saak nou na die Consumers Board verwys sal word. Sy antwoord daarop was dat hulle Donderdag en Vrydag die hek sal insit en dat werk hierdie week afgehandel sal word. Nodeloos om te se hy was tot nou Vrydag middag 12:15 nog nie eers op site nie. Ek weet van ander werk wat hierdie ou ook nie afgehandel het nie en is hierdie werk reeds vanaf Julie uitstaande. Ek sal hom GLAD NIE AANBEVEEL NIE. Sal maar verdere stappe moet neem met so 'n mens
