1 reviews | Active since Aug 2014
Onaanvaarbare diens!!!!!!!!
Saterdag aand, 5 Januarie 2019 het my 4 jarige dogtertjie baie siek geraak. Sondag 6 Januarie 9uur die oggend gaan ek na die walk in docter by George, Garden route mall. Die ontvangsdame was so ongeskik en onprofessioneel met my dat ek in trane daar uit is, oor ek nie R600.00 kan betaal vir die afspraak nie maar ek het medies en was al op 'n Sondag daar sonder enige moeilikheid. Hoe kan jy 'n siek kind weier? Wat maak Sondag anders as Saterdag of Maandag? Dit is nie eers 'n publieke vakansiedag nie. Na sy my verskree het en ek maar die R600.00 betaal het sit sy dit anyway op die medies deer??? en gee R400.00 terug. R200.00 vir bybetaling. Hoekom moes ek as ouer deer daai hartseer gaan vir haar om dit so te doen????? Onaanvaarbaar.
