1 reviews | Active since Jan 2020
****ing bad service Brakpan VW Dub Tech
So paar dae terug breuk ons kar se cv's, my man besluit toe om die kar intevat na VW Dub Tech in die dorp na 5ure se gewag en R1600 later kry ons die kar terug, so ry ons na Fourways met die kar die volgende dag, so beur dit dat die kar vas slaan en ons maak amper 'n bitter lellike ongeluk as gevolg van dat hul nooit die goed behoorlik vas gemaak het nie, kos ons ekstra om mense te kry om ons te help sodat ons die kar terug kry in Brakpan. Kom by hul is dit nog omtrent 'n uur se wag sodat hy dit weer moet reg maak en dit net sodat dit 'n paar dae later weer los kom en ons sit weer met probleme. So reel ons met hul dat ons gister oggend 08:00 die kar daar sal he sodat hul hul fout kan reg maak. Maar natuurlik is daar geen persoon insig nie en natuurlik word die foon glad nie geantwoord nie. Dit kos ons toe om die kar intevat na iemand anders wat toe gelukkig bereid is om ons te help. So nou moet ek ekstra betaal sodat ander mense VW Dub Tech se gemors kan reg maak. So hiermee wil ek vra dat mense en Brakpan asb versigtig sal wees indien hul gebruik sal maak van VW Dub Tech se diens, uit my ondervinding is hul onbetroubaar en oneerlik en lyk nie of hul regtig weet wat hul doen nie.
