MM
Mercia M

1 reviews | Active since Mar 2015

03 Mar 2015, 10:51

What you see is what you pay!

Ek was Vrydag middag gou hier in om my gewone katkos te koop. Paar keer het ek al gevra of hulle die katbokse het wat 'n deksel het. Ek was gelukkig genoeg om op die Vrydag een te kry teen R349 (volgens sticker op die boks) Ek betaal toe katkos & boks & dit werk R200 meer uit. Volgens die invoice is die katboks toe 549. Met navrae hieroor het die dame agter die toonbank my laat weet: skies Mev ons het vanoggend die fout agter gekom maar vergeet om die sticker af te haal. U het die korrekte prys betaal. Ek noem toe dat wat mens sien is wat jy betaal? Nee Mev jy het die regte bedrag betaal. Sy vra toe 'n kollega om asb die sticker sommer van die boks aftehaal & die ander boks wat oor is (einaardig, aangesien ek nou reeds die boks gekoop het) Ongelukkig vir myself (omdat daar soveel ander mense in die winkeltjie was) wou ek nie 'n bohaai opskop nie! Dit was ook nie die eerste keer wat die tipe ding in die winkeltjie gebeur het nie...

0
Replies (0)