1 reviews | Active since Mar 2016
VERICRED HET GEEN BENUL VAN DIENSLEWERING NIE
Ek het vandag by drie geleenthede met personeel gepraat oor 'n rekening wat verkeerdelik deur Ampath oorhandig is vir invordering. Nie een van die werknemers waarmee ek gepraat het kon my help nie. Hulle het gesê dat ek met die bestuurderes moet, Aldoretta Mans, moet praat. Die skynbaar onbevoegde persoon waarmee ek gesels het, het die oproep afgesny. Ek moes toe weer s***el en moes van Ntombi verneem dat Aldoretta Mans nie beskikbaar is nie, maar dat ek my ****akbesonderhede moes gee en dat Aldoretta my sou terug s***el. Vier ure later het ek weer ges***el. Weer was Aldoretta nie beskikbaar nie. By hierdie geleentheid het Desimelo onderneem om vir Aldoretta die boodskap te gee, om my terug te s***el, wat toe nie gebeur het nie. Vericred is egter vinnig om sms'e uit te stuur en pertinent te sê dat ek hulle moet ****ak. Wanneer ek dit doen is daar net onbevoegde personeel wat die saak na die bestuurderes verwys. Is Aldoretta Mans so besig om almal se werk te probeer doen wat dit nie kan doen nie of is dit Vericred se modus operandi om so te werk te gaan, omdat hulle net 'n spul gewetenlose geldwolwe is?
