RS
Renier S

1 reviews | Active since Nov 2021

15 Nov 2021, 07:38

VelliesNou.co.za

Ek het 18 September 2021 'n paar skoene bestel en betaal by VelliesNou.co.za Op hulle website adverteer hulle dat 'n bestelling 7 tot 14 werksdae neem. Na ek moes navraag doen antwoord hul my op 22 Oktober 2021 dat hul my bestelling sal stuur net na die volgende Woensdag wanneer hul weer voorraad inkry. Dit is nou 12 November 2021 en ek het nogsteeds niks ontvang nie. Hul het my nou ook geblok op hul facebook blad en ignoreer nou enige boodskappe en navrae wat ek aan hul e-pos. Dit is die swakste diens wat ek nog ooit beleef het. Ek sal niemand aanraai om met hul besigheid te doen nie. Ek het in tussen van nog iemand gehoor met wie dit ook gebeur het.

0
Replies (0)