LN
Leon N

1 reviews | Active since Mar 2018

11 Oct 2018, 17:26

VDM College steel mense se gelg (Spam)

Ek is verlede jaar einde Maart afgelê by my werk. Na ʼn paar maande sonder werk het dinge beginne baie swaar finansieel gaan. Ek kry toe ʼn telefonies oproep vanaf VDM College. Die persoon vra my toe uit oor my finansiële omstandighede. Hy vra toe of hulle my kan kom sien oor ʼn moontlike goeie inkomste wat ek van my huis af kan doen en dit veg net 2 ure van jou dag. Ek se toe ja want ek is desperaat oor ʼn inkomste. Jacques Harris daag toe die volgende dag op. Dit gaan toe oor hoe om geld te maak op die aandele mark (JSC). Hy vertel jou so ʼn goeie storie, dis te goed om waar te wees. En jy sal nie ʼn sent verloor nie want die sagteware wat hulle het is so vreeslik goed en die ondersteuning van hulle kant af in jou eie taal is so goed en jy kry ʼn persoonlike assistent wat jou oplei en 24 uur jou by staan. Hy vertel ook van hoe hulle die Knysna mense na die brande help om vinnig weer op hulle voete te kom met die program. Watte klomp bog!!! Die pakket kos R27 500.00 maar omdat ek sonder werk sit kan ek dit vir R15 000.00 kry en dan op ʼn latere stadium die verskil inbetaal as ek eers op my voete is. Volgens VDM College is die R27 500.00 vir die volgende: om jou ek registreer om op die JSC handel te dryf, jou sagte waarde, jou opleiding wat ʼn maand neem , 24ure persoonlike assistent wat jou by staan en R5000.00 om mee te begin aandele koop. Mnr. Harris se ook vir my dat as ek binne 7 dae kanselleer kry ek my geld 100% terug , As ek binne 6 maande nie reg kom nie kry ek ook 100% my geld terug! Ek betaal toe R15000.00 aangesien ek dit kan terug kry as nie reg kom nie. Ek kry opleiding van nie eers ʼn uur lank nie ek sukkel met die program ens. Jou assistent kom nie terug nie. Na 5dae wil ek kanselleer. Daar word toe aan my gesê ek mag eens na 6maande kanselleer en nie 7dae nie. Ek hoor glad nie meer van hulle nie. In Desember 5 maande na ek die ****rak uit geneem het kry ek ʼn rekening van R13 500.00. Ek laat weet hulle ek gaan nie aan met die program nie en ek betaal ook nie ʼn sent verder nie! Toe Januarie 2018 aanbreek na my 6mnd.en ek die ****rak wil beëindig soos my reg is toe word daar aan my gesê ek moet eers die verskil van R13 500 betaal en dan sal hulle die geld 100% terug betaal. Nou wie sal daai geld aan hulle betaal as hulle nie eers jou deposito na 7 dae terug wil betaal nie. Ek het die program af gehaal van my rekenaar af en trek niks voordele van hulle af nie en ek handel nie eers op die JSC nie. Hulle het net weg geraak. Ek het besluit om daai R15000.00 deposito af te skryf en aan te gaan met my lewe. Ek kry gister ʼn SMS: ITC Notification: Mr. Leon Nortje you have been listed on ITC Credit Buro for bad debt by VDM College for the amount of R14000-00. Asb. mense wat ook so gevang is kom na vore sodat ons hierdie geld diewe onder ons nasie kan uit roei MENSE MOET NIE VIR HULLE VAL NIE HULLE IS SPAM.

0
Replies (0)