DZ
Dalene Z

1 reviews | Active since Jul 2019

20 Jul 2019, 10:27

Spaar jouself die drama.

Sjoe wat 'n rit op Uw Program eers van die beste program wat ek al ooit op was na die worst nightmare ooit. As jy die eienaar van die program se reëls pragtig volg en gewig verloor dan is sy in die wolke en vertel ooo dit is soooo mooi en oooo jy doen so goed,maar ooooo weë dan begin jy optel want ons liggame is gemaak om vog terug te hou met tye van die maand of wanneer ons liggaam nie lekker voel nie ens. Mens gaan nie net die heeltyd verloor op die program nie dis normaal om op en af te val. Die probleem kom in wanneer die eienaar van die program nou allerhande grappies begin vertel op die groepies. Eers vertel sy vreet 'n hele blok botter per dag en dan 'n week later moet tog asb nie 'n blok botter verorber nie. Of skuif oor Fase 2 toe eet groen groente en dan kom sy met die Insulien weerstandigheid stront. Hou asb op groente eet en as jy meer as 40 kg het om te verloor is jy insulien weerstandig. Foutjie!!!!!!! Laat toets jouself by jou dr en kry jou telling en werk van daar af. Sy kan nie oplossings vir probleme kry wat insluip by haar program nie, sy hanteer jou eerder soos 'n kind. Sy skei jou van 8 mense wat jyself by die groep laat aansluit het in aparte groepie want o tog iemand met net nie opstaan teenoor haar en haar reg help nie want sy is altyd reg. Geen mens kan met so 'n persoon 'n pad stap na 'n maer word journey nie. Dit vat 'n spesiale tipe mens om Vet mense en Diabete te help want volgens die eienaar van die program is Vet mense en Diabete die heel moeilikste mense om mee te werk. Tog offer sy haar tyd op, om met die moeilike mense te werk en die beste van alles is hulle te laat teken in 'n ****rak in want oooo die geldjies is soooo belangrik. Nie die welstand van haar kliënt nie, onthou tog net om elke maand jou geldjies te betaal want anders skroef die eienaar van die program jou vinnig op. So moenie eers daaraan dink om die program te volg nie, behalwe as jy op moed verloor se vlakte wil gaan sit. Ek het 45 kg op die program verloor maar my siel en vrede is baie meer werd. Ek stap liewers 'n pad met iemand wat weet hoe om met moeilike mense te werk. Moenie eers betrokke raak by die program nie. Jy teken 'n ****rak wat jou verbind vir 5 maande en dan sit jy vir 5 maande met 'n persoon wat jou moet coach maar so ongeskik is jy kan nie eers 'n gesprek voer nie. Just saying

0
Replies (1)
DZ
Dalene Z's update06 Aug 2019, 17:14
Reviewer Update
Die is die tipe boodskappe wat jy van die vrou af kan verwag wanneer jy wil aansluit by die program. Screenshot_***.jpg 467.43 KB