1 reviews | Active since Mar 2022
Ongeskikte "trainee manager"
Ek wil net last weet hoe swak die diens by Usave Steynsrus is. Ek was in die week by Usave om 'n waatlemoen te koop wat op uitverkoping vir R20 was. Daar was nog net 'n paar en ek neem toe die grootste een wat in mandjie lê. Toe ek by die kassier kom word die prys gewys as R54.99. Die kassier weet toe dat dit R20 is en roep die "Trainee manager", Mthandeki Mahlungu, en hy kom net en sê dis 'n large een en kos normale prys. Ek sê toe dat op die prysetiket teen muur wys net "Watermelon R20" en dit dui nie die grootte aan nie. Hy is so arrogant en ongeskik. Daar is net 1 werker in die hele Usave wat ALTYD vriendelik is en groet (haar naam is Suzan), maar die res is so nors en onvriendelik. Mens voel so onwrlkom daar. Ek wil regtig die area bestuurder hier in persoon ontmoet sodat ek vir hom/haar kan wys hoe onvriendelik hierdie mense is en in besonder hoe ongeskik die trainee manager is. Ek hoop nie hy word hier bestuurder nie.
