1 reviews | Active since Jun 2015
Ek het tannie Fransie se dienste gebruik om my learners te kry. Sy het my kom optel en kom aflaai vir die afsprake asook die dag van die toets. Op elke geleentheid was sy laat as sy my moes optel. Na dit het ek voort gegaan met bestuurslesse deur haar. Sy is n baie goeie leermeester maar n vreeslike treurige besigheidsvrou. Sy was elke keer n uur + laat en het met drie geleenthede my bestuurslesse gekanseleer, wat ek oorgesien het want sy het persoonlike probleme gehad. Toe het ek teen my beterewete die volle bedrag van R2400.00 wat sou insluit n R1700.00 vir n afspraak maak asook haar kar se gebruik. Die sentrum waarop sy aandring is baie vêr en meer van lyn af as enige iets anders. Daar is geen publieke toilette (of daar is maar mens knyp eerder).Jy staan +-2ure in die son voor jy ingaan en as jy inkom is jy gelukkig siende dat die sisteem op Donderdae afgaan en dis haar dae wat sy gaan ‘afsprake’ maak. So het ek toe nou in Maart EEN keer my afspraak met haar uitgeskuif want ek wou nog oefen. Ek was bietjie geroes want ek was op vakansie vir twee weke. Ek sou toe die 19de Maart gaan (sy sou my vanaf 05:30 optel, maar dan kom sy gewoonlik so 07:30 eers by my uit.) Ek het mense wat kan getuig hiervan. Elkgeval toe ek nou vir haar sê dat ek eerder my geld terug soek vir nou oor ek nie nou tussen mense wil gaan sit soos sardientjies met die virus saam nie ( jy weet die hele ‘social distancing’ en so) toe sê sy eenvoudig ek kry nie my geld terug nie en ek het n papier geteken waarop dit staan. Dis waar; ek het maar sy het die termes EERSTE oortree. Haar eie termes. Ek wou nie meer met haar besigheid doen nie. Ek wou graag as die virus gaan lê deur iemand anders te werk gaan. Sy gaan seker ons whatsupp chat hier post oor sy dink dit laat haar beter lyk. Punt is sy is ONETIES. VERMY SOVER MOONTLIK UR DRIVING SCHOOL.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.