ZB
Zel-Mari Botes

1 reviews | Active since Dec 2021

04 Dec 2021, 20:35

Pateties

Wie dit mag aangaan.

Ek is n BEd (ISP) 02607 student te Unisa vanaf die jaar 2013. Unisa was immers my t****e keuse, maar weens omstandighede by Aros moes ek nou maar settle by Unisa. Wat n nagmerrie So erg soveel dat ek al oorweeg om hulp van buite af tekry om die saak te ondersoek.

Ek benodig sewe modules om my graad te voltooi. Soos reeds bewus gemaak studeer ek vanaf 2013 by Unisa, wat dit nou agt jaar van studies maak. Dit is belaglik. Ek het reeds in die 8 jaar vir 88 modules geregistreer, waarvan net 33 modules suksesvol was. Dink jouself in hoe hoog loop die finansiele onkostes? Ek voel hierdie kon voorkom word indien Unisa personeel meer behulpsaam was. Ek het al dae op kampus deur gebring sonder enige sukses, eposse gestuur dat dit by my ore uitloop sonder terugvoering, oproepe gemaak soveel so dat n jaar se salaris nie eers genoeg sal wees om die foon rekening te dek nie!!! Unisa se diens is pateties! Elkeen vir homself????? Ek het tot die "LRP" roete gevolg , opgedok en steeds geen sukses???? Is Unisa dan nou regtig net n geld maak storie???? Waar elke student maar net nog n nommertjie vir Unisa personeel is????

Ek het 2020 twee modules n "herskryf" vir Jan/Feb gekry, dit is afgehandel en actually passed vir al twee modules nou word dit as "Ndp" gelys op my academic record want dit is nie op BEd van toepassing nie???? Niemand was instaat om dit onder my aandag tebring nie, wie gee om oor die ou nommertjie net nog n geld maak geleentheid lekker geld en tyd mors.

Ek wil weet wat staan my te doen? Gaan dit dan so aangaan vir die volgende 8 jaar? Geen studie materiaal, geen bystand, net niks????? Vat maar die studente nommertjie se geld dat sy maar aan ploeter????? Ek is self in die onderwys nou vir agt jaar wat ek ondderig, en dat Unisa nou n groot invloed het oor my toekoms slegs omdat hul patetiese diens my weerhou van my graad.

Gaan jul iemand kry wat die saak vir my gaan ondersoek, wat al 88 vraestelle na gaan en seker maak dat almal van hul tot die beste van hul vermoe gemerk is, of kry ek iemand onafhanklik van buite af om die saak namens my te ondersoek?

Terugvoering sal hoog op prys gestel word

0
Replies (0)